Man sterf in mikrovliegtuig-ongeluk

Mikrovliegtuig-ongeluk in Meyerton (4 Maart 2017) Foto: ER24

Mikrovliegtuig-ongeluk in Meyerton (4 Maart 2017) Foto: ER24

ʼn Man is Saterdagoggend dood toe ʼn mikrovliegtuig op ʼn plaas in Suikerbosrand in Meyerton, Gauteng, neergestort het.

“Die eienaar van die plaas het die brandweer ontbied nadat hy ʼn groot ontploffing omstreeks 08:00 gehoor het,” het Annine Dormehl, woordvoerder van ER24, gesê. “Niks kon ongelukkig vir die vlieënier gedoen word nie. Hy het verkool.”

Midvaal-brandweer het die paramedici van ER24 ontbied. Plaaslike owerhede was ook op die toneel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chris Ws ·

Ons innige meegevoel met die onbekende vlieenier se naasbestaandes.Dis baie tragiese nuus.

MissDemeanor ·

Microlights is gevaarlik. Paraglide eerder as jy die wind op jou gesig wil voel. Of vlieg in ‘n sweeftuig as jy wil sweef. Of vlieg in n Cesna as jy ‘n engin wil he. ‘n Mikrolight is ‘ n stuk gemors en ‘n “deathtreap”. As daai gras snyer engintjie uitsny dan is dit jou einde. Vreeslik tragies!

Hein Strydom ·

Absolute Nonsens, n Mikrolight is absolute veilig en behandel jou net soos eninge ander vliegtuig as jy n fout maak stop punt. Kyk gerus hoe brand n Cessna of wat gebeur met n Paradlider

Chris Ws ·

Ek stem met jou saam Hein.En waar MissDemeanor aan ‘n “grassnyer” enjin kom sal net hy weet.Mikroligte vliegtuie het 100pk 4 silinder Rotax enjins so ver my kennis strek wat baie betroubaar is.Wys my ‘n grassnyer met so enjin.’ n Skielike afwaartse wind of lugstroom kan moontlik tot die’ tragedie gelei het.Al faal die enjin kan daar steeds ‘n noodlanding gemaak word.

Hein Strydom ·

My innige meegevoel met vriende en familie ons deel in julle tragedie en hartseer as mede vlieniers.

Hein Strydom ·

My innige meegevoel met vriende en familie ons deel in julle tragedie en hartseer as mede vlieniers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.