Man sterf in Mosselbaai-trompop botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man in sy 50’s is dood en ʼn ander man beseer nadat twee motors mekaar Dinsdag reg van voor tussen Mosselbaai en Hartenbos in die Wes-Kaap getref het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het in Louis Fourieweg plaasgevind. “Albei motors se wrakke is in die noodbaan van die pad aangetref,” het Meiring gesê. “Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Sy liggaam is voor in sy motor aangetref.”

Die bestuurder van die ander voertuig het buite die wrak op die sypaadjie gesit. Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word deur plaaslike owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.