Man sterf in motorfietsongeluk

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

ʼn Man in sy 40’s is dood nadat hy beheer oor sy motorfiets verloor het in Bloemfontein in die Vrystaat.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die ongeluk het Vrydagaand plaasgevind. Botha sê met paramedici se aankoms op die toneel het die man in die pad gelê en is daar vasgestel dat hy ernstige beserings opgedoen het.

“Paramedici het ywerig gewerk in ʼn poging om die man by te bring maar hy is ondanks alle pogings op die toneel dood verklaar,” sê Botha.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.