Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die ongeluk het Vrydagaand plaasgevind. Botha sê met paramedici se aankoms op die toneel het die man in die pad gelê en is daar vasgestel dat hy ernstige beserings opgedoen het.
“Paramedici het ywerig gewerk in ʼn poging om die man by te bring maar hy is ondanks alle pogings op die toneel dood verklaar,” sê Botha.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.