Man sterf in motorfietsongeluk

Die ongelukstoneel. Foto: @SajilS op Twitter.

Die ongelukstoneel. Foto: @SajilS op Twitter.

ʼn Motorfietsryer is Vrydagaand dood na ʼn botsing in Bryanstonrylaan in Sandton, Johannesburg.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die motorfietsryer het volgens ooggetuies teen ʼn metertaxi se passasiersdeur gebots.

Volgens Botha is die motorfiets erg beskadig weens die impak van die botsing.

Botha sê die man het onder sy motorfiets beland. Hy was reeds dood met paramedici se aankoms op die toneel.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.