Man sterf in motorfietsongeluk

Argieffoto: Netcare 911

ʼn 59-jarige man is Sondag dood toe sy motorfiets met ʼn bakkie gebots het op R512 in Randburg in Gauteng.

Chris Botha, Netcare911-woordvoerder, sê die bakkie het skielik voor die motorfietsryer stilgehou omdat hy wou draai toe die motorfiets teen hoë spoed agter in die bakkie ingeploeg het.

Die motorfietsryer is as gevolg van die impak van sy motorfiets geslinger en het ʼn paar meter weg van die toneel in die pad gelê.

Botha sê die man se hart het gaan staan, maar dat paramedici kon daarin kon slaag om sy hart weer aan die gang te kry nadat hulle kardiopulmonêre resussitasie op hom toegepas het.

Die beseerde man is toe op ʼn ventilator gesit en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Hy het egter by sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die bestuurder van die bakkie is ongedeerd.

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

paula ·

RIV. Mag jou familie vertroosting vind in die groot verlies om jou te verloor.

Nico ·

Liesa ongelukkig is daar motorfiets ryers wat nie die reels gehoorsaam nie dan skop die taxi reels in daar is ryers wat die reels gehoorsaam.n Pastoor het nou die dag gese vir ons gemeente die padverkeerswet se motorfiets ryers kan tussen twee voertuie deurgaan.Gaan sit n bietjie op die R512,R511,en die paaie in krugersdorp area na magaliesburg en hartebeespoortdam dan praat ons weer

anton ·

Al ry jy slegs 100 of 120 km/h en n motor stop skierlik dood stil voor jou of draai reg voor jou in, het jy geen kans nie. Dit gaan dan nie oor die spoed wat jy gery het nie!!!
Ek het natuurlik n goeie idee wie die bestuurder van die bakkie kon wees want ek sien sulke swak bestuurders daagliks op die paaie wat net jou mond laat oophang hoe hulle bestuur!!!

Mike ·

Ek ry al 42 jaar bike,en kry daagliks te doen met sulke voertuig bestuurders,is maar net noodlot …..nie die bike nie,as iemand verongeluk met n kar is dit nie die kar wat ook dalk gevaarlik is nie……..???????????

Chantall ·

In ons land is baie “bestuurders” wat net stop… Meeste van hulle moet bly op hulle fietse op sand paaie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.