Man sterf in motorfietsongeluk op snelweg

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

ʼn 42-jarige man is Saterdag in die vroeë oggendure ná ʼn ongeluk op die N1-snelweg in Johannesburg dood.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het in die noordelike baan van die snelweg naby die Beyers Naudé-afrit in Randburg plaasgevind.

“Die man is vermoedelik deur ʼn taxi van sy motorfiets afgestamp, waarna die man ʼn motor getref het. By paramedici se aankoms op die toneel is ʼn minibustaxi, die motor en die motorfiets se wrak in die regterkantste baan van die snelweg aangetref,” het Meiring gesê.

Volgens Meiring is die motorfietsryer ʼn paar meter van sy motorfiets aangetref.

“Die man het verskeie beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand. Hy is behandel en na die Life Flora-hospitaal geneem, waar hy kort ná sy aankoms weens sy beserings beswyk het.”

Die presiese oorsaak van die ongeluk word deur die owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Michael ·

Die taxi’s is moedswillig sit die haat vir witmense en die maak wat ek wil sonder vrees vir die nagevolge houding weens n korrupte stelsel en dit is wat jy kry.

Piet Pille ·

Die taxis en plaas moordenaars is sinoniem. Beide uit om te moor.

Bekommerd ·

Hulle is almal moedswillige bestuurders…stop in die middel vd ryvlak en almal moet om hulle ry en so is taxis en busbestuurders…..of hullr draai reg voor jou in , van linker baan om regs te draai. Jy waag jou lewe op die pad. Arrogant!!!

Daniel ·

RIP Rider. Innigste meegevoel aan die naasbestaandes.
Ongelukkig is die Taxi-bestuurders in Suid Afrika onaantasbaar want daar is te veel persone wat in hul sakke is. Hulle ry soos hulle wil en maak wat hulle wil want die pad behoort aan hulle en die korrupte amptenare en ons regsstelsel ondersteun dit.

anton ·

Dalk moet die publiek self die probleem met die taxi’s begin uitsorteer want dan sal hulle dalk ophou om te maak en ry soos hulle wil.!!! Of tenminste 2 keer dink voor hulle sommer net voor jou stop of indraai.

Nicolene ·

Verlede week het ek by ‘n robot gestaan en wag vir die motor van vooraf om regs te kan draai – my flikkerlig aan. Meneer taxi het absoluut net direk van agter in my vasgery. Ek was darem in ‘n kar en nie ‘n fiets nie, maar so kan dit nie aangaan nie. O ja! En beste van alles: hy reken dis MY skuld en dat ek net daar gestaan het sodat hy in my kan vasry en ek by die versekering eis???? Ja, dit is mos só lekker om deur daardie oefening te gaan…

Eps ·

Taxis is gevaarlik. Ek raai mense aan om kalm te bly en eerder die ongerief verdra eeder as ‘n ongeluk. Rapparteer hierdie Taxis en nader julle wykskommitees en bespreek die saak met die raadslid vir Sekuriteit en Veilugheid. Ek dink iemand moet ‘n app maak om die Taxis te rapporteer.

Sakkie ·

Dit is presies hoekom ek van myne onslae geraak het. Jy kom vining agter jy is ‘n teiken vir sommige voertiue.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.