Man sterf in N14-botsing wat verkeer erg ontwrig

Foto: @Nicol3tt300/Twitter

Foto: @Nicol3tt300/Twitter

Verkeer is Dinsdagoggend erg ontwrig op die N14-snelweg in die Muldersdrift-omgewing, wes van Johannesburg, na ‘n botsing waarin een persoon dood en drie beseer is.

ʼn Voertuig het teen ʼn stilstaande bakkie gebots. Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die oorledene sowel as twee van die beseerdes was in die bakkie tydens die ongeluk. ‘n Vrou het agter op die bakkie gesit.

Die vrou en ‘n man is in ʼn kritieke toestand per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die bestuurder van die ander voertuig is ook beseer en is met ʼn ambulans na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theresa ·

Wonder hoekom het die bakkie stil gestaan? Ai dis tragies en so onnodig……….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.