Man sterf in nóg ʼn Limpopo plaasaanval

windpomp_Reint_Dykema_1.jpg

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Boer van die Lephalale-gebied (Ellisras) in Limpopo, is dood nadat hy Maandag in die vroeë oggendure oorval en erg aangerand is.

ʼn Lid van Heritage Protection Group (HPG) het aan Maroela Media gesê min inligting is sover beskikbaar, aangesien hulle nog oppad is. Hy het bevestig die boer is lewend gevind, maar het oppad na die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die verdagtes het glo in die boer se voertuig gevlug. Dit is nog nie duidelik hoeveel verdagtes by die aanval betrokke was, of wat gesteel is nie.

Die provinsiale polisiewoordvoerder kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Dit is die tweede aanval in die gebied nadat ʼn boer Sondag op ʼn kleinhoewe buite Tzaneen aangeval is. Marius Jacobs, stigter van die Watchdog Tzaneen-inisiatief, het die aanval laat Sondagaand aan Maroela Media bevestig en gesê verskeie vuurwapens is tydens die aanval gesteel. Die boer is erg aangerand en in die hospitaal opgeneem, maar dit is nie duidelik hoe ernstig hy beseer is nie. Drie aanvallers het glo te voet gevlug.

ʼn Bejaarde vrou van Mookgophong (Naboomspruit) is Vrydag dood in haar huis aangetref nadat sy vermoedelik met ʼn nylontou verwurg is. ʼn Buurman van Pats Truter (79) het op haar liggaam in haar motorhuis afgekom. Niks is uit die huis gesteel nie en die polisie kon nog nie die motief vir die moord bevestig nie.

Intussen is nog ʼn man Vrydag in die vroeë oggendure in die Leeupoort-vakansiedorp, in die Rooiberg-distrik buite Bela-Bela, doodgeskiet. Drie onbekende mans het ʼn baksteen gebruik om die venster van Daniel en Emmarentia Killian-Jacobs se huis te breek. Daniel (62) is doodgeskiet, maar Emmarentia (61) kon daarin slaag om in die badkamer weg te kruip en met haar selfoon hulp te ontbied.

ʼn 84-jarige man is op 24 Januarie op ʼn kleinhoewe buite Bela-Bela oorval en erg aangerand. Sy honde is tydens die aanval doodgeslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Rve ·

Tragies dat die mense so afgemaai word, maar ek is bly om te sien die aanvalle haal meer en meer die nuus.

Lollie ·

Dit is voorwaar baie kommerwekkend. Glo al hierdie aanvalle en moorde haal nie maroela media nie. Ons sal seker nooit van alles te hore kom nie.

Wimpie ·

Wanneer gaan wie wat doen omtrent die moorde. Is dit dan nie al duidelik dat dit gaan om die boere uit te moor nie. Genade moet ons dan net aanvaar ons word uit gemoor….

Annie ·

WREED, WREED, WREED dis al wat mens elke dag in die koerant lees en wat doen die DA omtrent dit – ANC sal niks doen nie – hulle kry lekker.

Johan ·

Da iets doen?? Hulle sal niks doen nie. Oom Piet ons gaan jou baie mis. Baie goeie oom gewees , sag, altyd pyp in die mond. Dis hoe ek hom sal onthou.

Rus sag oom

Drakensberger ·

Moord, moord, moord! Dit is omtrent al wat ons sien. Kyk na die vorige 2 of 3 berigte. Dit is nie net meer boere nie (verlede Vrydag/Saterdag in meenthuiskompleks in Preroria. Wimpie vra ‘wanneer gaan wie wat doen oor die moorde’. My vriend, niemand gaan niks doen nie! Ek en jy sal self iets daaraan moet begin doen. Ons sal moet ophou om van die kantlyn af kommentaar te lewer en te kerm en self die speelveld moet betree!

m ·

As jy die koerant oopmaak is dit oor plaasaanval. Dis deel van hierdie gemors se land reform. Hulle wil al die boere uitmoor om die grond te vat. Parasiete!!!!!

Koos ·

Al is ek al n pensioenaris, wil ek net graag weet waar en wanneer ek kan aantree sodat ons summier kan oorgaan na aksie. Kom nou boere seuns, dit is nou tyd.

Christa ·

As dit net oor grond gaan kan hulle gerus by die staat aanklop!! Meer as 50% van ons land se grond is STEEDS in staatsbesit of hou Zuma dit net vir hom en sy klomp vroue? Kyk hoeveel grond (plase) het Mugabe vir SY vrou gegee – dankie tog hy het net EEN!!!

Oom Johan Willemse ·

Madela het die opdrag tot plaasmoorde as opperbevelvoerder van die ANC se gewapede vleul tydens die “Freedom War” uitgereik. Pres. Botha wou hom nie loslaat alvorens hy nie geweld afsweer nie. Toe Mandela weier het die NP onder liberale internasionale druk geswig en in ‘n paleisrevolusie Botha met De Klerk vervang. Sonder voorwaardes is Mandela losgelaat en tot sy dood het hy dié opdrag nie teruggetrek nie.
Ons sal maar moet sie of die skuldiges gevang word en dan in groot getalle by die hof opdaag, veral as hulle om borgtog aansoek doen. Ons moet dan vra dat dit toegestaan word sodat die gemeenskap buite die hof met hulle kan “praat”.

EJ ·

Waar gaan dit eindig ? …. Daar gaan nie een dag om wat daar n plaas aanval was nie.

viekleur ·

Dit gaan eindig, wanneer daar n oorlog kom,
Ons menseword elke dag vermoor en gemartel. STAAN OP BOERVOLK, die tyd is hier

Tjollie ·

En die DA SWYG, alhoewel meeste blankes vir hulle gestem het, swyg hulle oor die dood van AL DIE BLANKES, dit is net ‘n doodskissaak van ‘n swart knapie wat aangevuur en aangeblaas word.

Carla du Plessis ·

Ek hoop ek het reg gelees maar dis nie die tweede aanval in die gebied nie aangesien Ellisras en Tzaneen ver van mekaar af is….

Kobus ·

Dis op dieselfde Plaas die twee huise is 600 m uitmekaar want ons bly daar na my ma Se moord op 5 Januarie 2015 dit is ook die buurplaas langsaan waar Oom Poen October 2016 vermoor is dit is ellisras nie tzaneen nie

Milan ·

…en hulle wil haatspraak kriminaliseer? Wat van volksmoord? Piesangrepubliek!

Johan Likkewaan ·

Hulle gaan ons uitmoor en steel tot daar niks oor is nie…

Johan ·

Moet my asb nie stenig nie..ons weerlose wit Boere (oumense) word nou op ‘n daaglikse basis uitgemoor..en 95% van ons almal wil weet wanneer doen IEMAND iets daaraan…my vriend en vriendin niemand gaan iets doen nie, nie die regering of enige ander instansie nie. Die enigste oplossing is om ‘n Generaal Koos de la Rey te vind, die oorblywende wit Afrikaner op te roep, en ons herkoms te verdedig

PvZ ·

Die DA sal niks doen nie. Die regering sal ook niks doen nie. As ek so na die kommentare kyk sien ek dat die meeste van ons gatvol verby is. Baie skreeu nou saam-staan en veg. Die problem is, teen wie veg ons. Ons sal saamstaan die oomblik as die “vyand” identifiseerbaar is. Ongelukkig is die “vyand” eers sigbaar, die oomblik as jy hom met SY wapen in die hand in JOU huis kry. Ons het dus 3 minute of minder tyd, vandat die “vyand” identifiseerbaar is, totdat jy moet reageer. Al ons “veiligheids” planne op hierdie stadium is “Defensief”. Dit beteken ons is nie in beheer van hierdie “Slagveld” nie. Hoe ons weer die inisiatief gaan kry weet ek nie. Ek hoop iemand slimmer het ‘n plan, anders is ons wragtig net ‘n spul skape oppad na die slagpale. Hoop maar jy is nie volgende nie.

Santie ·

Ja mooi oom Koos en kry die boere seuns bymekaar.!!! Aksie en nogmaals aksie en moet ons parraat wees. Almal verby gvol!!! Net moorde en marteling op onskuldige mense. Here dankie dat U hier ingryp en vir U wysheid en insig. Sal U asb die vyand stuit en hulle kragteloos maak wanneer hul wil moor
Plaas asb U engele rondom ons en rondom plase en dorpe en U volk
Dankie vir U beskerming en genade en hou U hand oor ons asb en onder U bloed. AMEN en vir wysheid en insig en ook wakker te wees

AWB ·

Luister na bok van Blerk se dellary dan sal almal weet wat om te doen. Ons wit boere en mense wat nie ras meng is ge skrew.

wilma ·

MM steek nix weg. Dis die radio en tv wat dit wegsteek want almal weet dis wat die ANC en EFF verwelkom. Hu het Mnr Patrick Lekota destyds gese. Gooi kriminele in uitgewerkte mynskagte

Annie ·

Ek dink dit is tyd dat die fotos die wereld in gestuur word … dit is net soos ISIS … miskien kry ons ondersteuning van buiteland .. ANC EN DA doen niks

Johannie ·

Dit is tyd. Dit is absoluut wreed wat daar aangaan. Die wêreld daar buite Suid-Afrika dink daar heers die grootste vrede na Mandela vry gelaat het. Niemand is bewus van die Indigenous haat wat ‘n gewoonte is van steel roof en moord nie. Ja kry die nuus verder as julle grense. Al bly sommige ver ons gee baie om.

Nico ·

Kan ons nie ons eie commandos op rig en ons mense te begin te beskerm nie. Ek sal my eie tyd en wapens gebruik om op plase te patroleer

Klaas ·

Praat praat praat praat. Dis al wat ons blankes mos kan goed doen.

Adolf ·

Wat het van ons paraatheid geword. In die 80’s het elke boer sy vyyrwapen by hom gehad. Selfs boere vrouens was gewapen een paraat. Met doe koms van die Engel Mandela het almal in ‘n staat van euforia ingegaan en die eeu oue fout begaan om die Bybel op die skoot te hê en die geweer in die wa kis te hou en vir die vullis te bid. Word wakker, skerp op, oefen met julle vuurwapens en hou dit binne onmiddelike bereik 24 uur per dag. Niemand kom help nie. Wees dus gereed om jouself te help.

Dan ·

Ek lees deur die kommentare en ek sien hoeveel klagtes. Waarom al die klagtes? Wie het vir hierdie bedeling gestem, was dit nie 67% van die blankes nie?? Hoe dan nou????

Topster ·

Wat my pla van die meeste beriigte is die ouderdom van die oumensies wat so wreed vermoor word.Nou hoe weet die aanvallers dit.Plaaswerkers speel n groot rol.Ons moet n stelsel implementeer waar jong mense of enige blanke mense wat wil op die plase kan werk en bly.En raak van die ander ontslae en laat elke plaashuis ge-evalueer word vir sekuriteits doel eindes deur n Kenner en stig n organisasie waar mense die plase kan beveilig as daar n te kort is aan veiligheid en kry dit op n spesifieke standard .Ek weet daar sal n geldelikke implikasie wees maar ons gaan nie andersins wen nie

J ·

So hardseer oor al ons ou mense. “Rip” ons is almal reeds na 1994 ontwapen en om nou wapen lesensie te kry is n ander storie. . Ons sal nooit weer kan opstaan en veg nie.

iemand ·

Deuteronomium 28 se vloeke kom oor ons volk. Lees dit gerus, en kies dan die seën. Verse 49 en 50:” Die Here sal teen jou ‘n nasie bring van ver, vd einde vd aarde af, soos ‘ n arend vlieg – ‘n nasie wie se taal jy nie verstaan nie, ‘n nasie hard van aangesig, WAT ‘N GRYSAARD NIE ONTSIEN EN VIR ‘N SEUN GEEN GENADE HET NIE.”

Peet J ·

Ek stem volkome saam met PvZ en Adolf se kommentare wil ook net byvoeg dat ons miskien moet dink daaraan om binnenshuis op sekere plekke “booby traps” te plaas soortgelyk aan die wat die Duitsers gedurende die Tweede Wêreldoorlog gebruik van gemaak het.
Byvoorbeeld tans ‘n skootrekenaar, selfoon, kamera, trommel met geld ens. Om ‘n wapen te maak is dood eenvoudig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.