Man sterf in ongeluk; bestuurder vlug

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Een persoon is dood en twee tienermeisies ernstig beseer nadat ʼn voertuig Vrydagaand in Ficksburg in die Vrystaat teen ʼn boom gebots het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 22:30 in De Villiersstraat gebeur. Die bestuurder het vermoedelik beheer oor die motor verloor en teen die boom gebots. ʼn Man in sy 20’s wat voor in die motor in die passasiersitplek gesit het, is op die toneel dood verklaar.

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

“Twee meisies, glo onderskeidelik 16 en 18 jaar oud, is tydens die botsing uit die motor geslinger. Albei het kritieke beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal gehaas,” het Bodasing gesê. “Die bestuurder is nie op die toneel gevind nie.”

Kapt. Phumelelo Dhlamini, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê die bestuurder het van die ongelukstoneel gevlug. “ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Uiltjie ·

DRA van sitplekgordels BAIE BELANGRIK!!! dis die verskil tussen lewe en dood in n ongeluk!!

Jan maak n Plan ·

Uiltjie jys reg en die mense moet stadig ry. Ek het empatie met die kinders se ouers en geliefdes – sterkte.

Ekwilibrium ·

Ja, dan sou die meisies nie uitgeslinger geword het nie. Die Polo het egter die boom teen só ‘n spoed getref dat dit nie eers vir die voorste passasier sou help nie. Ek is oortuig dat die bestuurder dronk was; wie jaag so in ‘n woonbuurt?

marianne ·

Ai nee!!! Die kinders is so jonk! Dis so hartseer! My innige simpatie aan almal wat betrokke is se families en vriende. Die ouers verbal is in ons gebede.
Ficksburg se mense ken almal mekaar, dis asof almal op die dorp ‘n kind verloor het.

Peet J ·

Volgens die foto het die ongeluk in ‘n woonbuurt plaasgevind en die toelaatbare spoed is sekerlik 60 km /uur maar kyk hoe beskadig is die voertuig en ‘n persoon het sy lewe daardeur verloor.’n Mens hardloop nie weg van ‘n ongeluk nie tensy jy bang is vir die gereg hy kon dalk nog die beseerde se lewe gered het.

Cherokee ·

Peet, 60kmu is vinnig…. en as daardie karretjie ‘n boom teen sestig getref het is dit waarskynlik wat die resultaat daarvan is. Dit mag wees dat daar vinniger gery is en miskien ook nie want 60 (dink ek) is genoeg om daardie voertuig so te verfrommel. In ‘n area soos op die foto ry mens buitendien gewoonlik nader aan 40.

Christo ·

Wat maak dit saak of hul bekende mense is? Sal dit minder hardseer wees as dit nie bekendes is nie?

Cherokee ·

Jou antwoord is misplaas en ongevraagd. Waarskynlik dui haar vraag bloot op ‘sal sommige lesers weet wie dit is’. Dink voor jy op ‘n kommentaar reageer.

Varkie ·

Ja jong Christo as dit n bekende is dan moet die Huisgenoot n artikel doen en gebede stroom in vir die een, as dit n boemelaar is dan is dit nie eers nuus nie.. en ja genade mense ry stadiger, nou nie 40km\u soos sommige op n besige hoofweg nie, maar bly by die spoed grens.. Dis skokkend hoeveel voertuie my verby vat op die hoofweg al ry jy die spoed grens

Kobus ·

My voertuig is afgeskryf teen 40 kmh teen n boom. Bome kannie meegee en induik nie. Hoop maar net die bestuurder was nugter. Sterkte aan almal

Bly STIL ·

Peet niemand het vir jou af krakende text gevra nie . bly eerder af van die web site as jy so wil wees.

Cherokee ·

Wat sal jy doen as jy later miskien sou lees dat daar aspekte is wat bevraagteken word? Soos daar reeds is? Sal jy die ordentlikheid hê om aan Peet verskoning te vra? Dit mag bloot skok wees wat die bestuurder laat vlug het maar soos Peet sê, dit laat groot vraagtekens.

Ester ·

Te vinnig gery of bome wat voor jou inspring? Daar is goeie rede waarom daar padreels, drankbeperkings is as jy bestuur.

Chris Ws ·

Eerstens my innige simpatie met die familie van die oorledene en alle sterkte vir die beseerdes.
‘n Boom is soos ‘n konkryt muur.Jy staan GEEN kans teen hom in ‘n voertuig nie.Ek is baie verbaas dat die bestuurder kon weg hardloop van die ongeluks toneel af.Ek glo dis skok en dalk het hy bietjie alkohol gebruik ook en die twee saam kon hom die hasepad laat kies het.Ons weet nie.’n Ongeluk is ‘n lelike ding veral as daar iemand dood is langs jou en jy sien die ander buite kant rondle.Feit is hy sal nie lank op vrye voet wees nie want sy vinger afdrukke is in die voertuig en moontlik behoort die voertuig ook aan hom.Wat die ongeluk veroorsaak het kan oor bespiegel word maar ek wil my nie daaroor uitlaat nie.Het hy vinniger gery as die spoedperk?Dis moeilik om te se deur na na die fotos te kyk.Vandag se karre is van “tin foil” en plastiek gemaak en vrommel maklik op – veral as jy met ‘n boom bots.Het iemand daai Golf VR6 gesien wat die boom in Middelburg in 2 geskeur het??DIT was spoed .

Carl ·

Ek onthou daardie ongeluk, dit was presies ‘n jaar terug. Ou wat wou spog met sy splinternuwe kar en met hoe spoed teen ‘n boom vasgejaag het. Hy het sy eie een en 2 of 3 van sy bure se kinders in gehad, baie tragies.

armand ·

Peet ek weet amel ken amel maar ek moet se ek ken die pesoon wat dood is en dis n baie goeie vriend van my gewec en jha die ane man het gevlug oor redes en amel soek hom maar sal j nie vlug as n ou wt nie kan sien nie wat jou met sy lewe vertrou het nou dit veloor nie en oor jy weet jy was virkeerd nie dis my deel van die ding….

Thijs ·

Ek sukkel om hierdie boodskap te verstaan, ek kan Afrikaans lees maar nie die dialek nie.

Frans ·

Ek drai nie doekies om nie die bestuurder is n lafhaard en seke gesuip Gerie nel hier n saak vir jou bere die dud vir lank

Theresa B ·

Ek dink ook drank was betrokke, maar die help nie om weg te hardloop nie. Jy sal gevang word.
Mense wil maar net nie leer nie. Drink en jy is Tarzen, maar binne sekondes is jou hele lewe verwoes en ander mense sin. Maar moenie drink en bestuur nie, sal nooit by die mensdom sy brein registreer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.