Man sterf in ongeluk by Harmony-myn

Argieffoto

ʼn Mynwerker is dood in ʼn ongeluk met ʼn spoorlokomotief by Harmony se Doornkop-goudmyn in die weste van Johannesburg.

Volgens Peter Steenkamp, uitvoerende hoof van Harmony Gold, het die ongeluk Sondagoggend plaasgevind.

Die mynwerker is ernstig beseer tydens die ongeluk en het later aan sy beserings beswyk.

“Harmony se bestuur wil graag sy medelye betuig met die werknemer se familie, vriende en kollegas,” het Steenkamp gesê.

Die mynmaatskappy werk intussen nou saam met die relevante owerhede in die ondersoek na die voorval.

Daar was reeds 29 mynsterftes vanjaar volgens voorlopige inligting van die departement van minerale bronne. Daar was reeds amper 1 400 beserings vanjaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
netnog

ek het simpatie maar die mense in die mynbedryf is so onderdruk met al die werkloosheid en myne wat toemaak ..een van die dae is al die myne toe…

Michiel

Waar is die veiligheids inpekteurs ? kry die mense die nodige opleiding ? Lyk nie so nie.

Marinda

Sterkte aan die familie van die oorledene

Leon

Hulle het die Kamer van Mymwese se veiligheids afdeling mos toegemaak toe die ANC oorneem. Nou is daar geen liggaam wat na mynveiligheid kyk nie.
My suter en haar kollegas is summier afbetaal omdat dit kwansuis nie meer nodig is nie. Nou betaal hulle daarvoor.