Man sterf in ongeluk voor skool

Die motor se wrak. Foto: Verskaf

ʼn Middeljarige man is Maandag in die vroeë oggendure in ʼn motorongeluk voor ʼn hoërskool in Heidelberg, Gauteng, dood.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, polisiewoordvoerder, het gesê die ongeluk het teen 01:00 op die R42-pad langs die weermag se gimnasium plaasgevind.

“Die oorledene het in ʼn donkergrys BMW 318i gery. Hy het van die Bergsig-woonbuurt na Heidelberg gery toe hy om ʼn onbekende rede beheer oor die voertuig verloor het,” het Tshilate gesê.

Die voertuig het verskeie kere gerol en Hoër Volkskool Heidelberg se palissade-heining getref. Die man is op die toneel dood verklaar. Hy was alleen in die voertuig.

Die Heidelberg-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Muffin ·

My innige simpatie met oorledene se familie en vriende. Die voertuig het verskeie kere gerol en wil dit voorkom asof spoed dalk n oorsaak kon gewees het. Die tyd 1 uur in die oggend se ook vir my daar kon dalk alkohol ook betrokke gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.