Man sterf in plaasaanval by Cullinan

(Foto: pixabay)

ʼn Plaaswerker (22) is doodgeskiet en drie van sy kollegas het die hele nag hulpeloos vasgebind gelê nadat rowers Dinsdagaand op ʼn plaas in die De Wagensdrift-omgewing, digby Cullinan in Gauteng, toegeslaan het.

Marius Muller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het gesê volgens voorlopige inligting het drie aanvallers, twee van hulle gewapen, die werkers in hul huis oorrompel. Een van die werkers is deur ʼn staaldeur geskiet en die ander is oënskynlik gedwing om die hoofhuis op die plaas oop te sluit.

Die boer woon nie op die plaas nie en was nie tydens die aanval op die plaas nie.

Die werkers is met kabelbinders vasgebind en die rowers het die huis geplunder. Volgens Muller het hulle omstreeks 04:00 met ʼn klein vragmotor en sleepwa en verskeie huishoudelike items op die vlug geslaan.

Die klein vragmotor waarin die aanvallers gevlug het. Hulle is steeds soek.

Die werkers kon hulself vanoggend eers bevry en hulp ontbied.

Kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder in Gauteng, het gesê ʼn klag van moord en huisroof word ondersoek.

Volgens hom het die drie aanvallers ʼn heining geknip om toegang tot die perseel te kry. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Daar was die afgelope tyd hernieude oproepe vir beter landelike beveiliging ná ʼn vlaag aanvalle op plase. In verskeie van die voorvalle is slagoffers ernstig beseer.

Die DA het Dinsdag ook opnuut ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om sy stilswye rakende die toenemende aantal plaasaanvalle en ‑moorde in die land te verbreek.

Dianne Kohler Barnard, DA-LP en voorsitter van die party se werkgroep oor landelike veiligheid, het gesê die party het nog geen terugvoer oor sy versoek vir ʼn debat oor dié misdade gekry nie. “Ongelukkig is dit nie vreemd vir ’n regering wat graag boere prys as hulle dit nodig het nie, maar nooit die boeregemeenskap help wanneer dit in ’n krisis is nie,” het Kohler Barnard gesê.

Maroela Media het vroeër berig oor minstens drie plaasaanvalle in die Vrystaat die afgelope paar dae. ʼn Bejaarde paar en nog ʼn man is ook Dinsdag op ʼn kleinhoewe in die Sinoville-omgewing, in die noorde van Pretoria, oorval en aangerand. Daar was die afgelope ruk ook ʼn vlaag aanvalle in die Onderstepoort-omgewing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Leoni ·

Dit beteken daar was altesaam 41 plaasaanvalle in Junie, met minstens 9 sterftes. En steeds swyg die president en sy regering. Hoekom?

DieKriek ·

Let wel, hierdie was n swart boer. Dis nie net wit boere wat deurloop nie.

DieKriek ·

Want ek weet wie die eienaar is. Ek ken sy naam en hy is nie wit nie. En ja, die persoon wat dood is, was n swart werker. Ek het inligting wat nie in die berig is nie. Moenie altyd iemand wil aanval omdat dit nie vir jóú duidelik is nie.

Michael 1 ·

Dit was n werker en as die boer tuis was was hy dood die punt is daar moet opgetree word iets soortgelyks aan swart maandag met boere en hulle werkers hand aan hand.

Magda ·

Daar is baie Swart boere, en die regering gee net niks om nie, want ongelukkig is die meerderheid wit boere, en daarom word alle boere nou geignoreer deur ou cp.

Pieter ·

Die Anc en hulle vriende sal niks se oor die nie. Want – ‘Farmers lives do not matter nor their workers’.

Adam ·

Boere en hul personeel sal al meer geteiken word in die huidige omstandighede waar die helfte van mense werkloos is en weinig tot geen respek vir die reg toon nie. Die onbeholpe regering het SA leeg geplunder en almal, ook hul ondersteuners, verarm tot die punt waar talle mense moet veg om oorlewing en nog kan of wil die president nie insien dat die ANC en sy bondgenote ‘n broeikas vir anargie skep nie. Die uitsprake wat gister deur Regter Zondo en Popo Molefe gemaak is, som die probleem perfek op en is ‘n ernstige aanklag teen beide die president en sy kripvreters.

Herpiet ·

Hulle swyg want hy weet hy het ‘n leuen vertel oor plaasaanvalle op Bloomsberg TV in die VSA.
Alles wat hy gese het kom bymekaar en stem stilswyend saam alle aanvalle op plase

Fedup ·

This is gettng too much to handle.
We should send all the photos of each attacked and killed victims with their names and the farms and houses where it happened to cyril and mad hatter.
Maybe that will make them open their traps.

Lourens CFG ·

No, it will not. Their silence shows they do not care and that their silence is their consent to the attacks and murders.

Persheks Adri ·

I really do agree with you, but I wonder if that will make a difference Fedup? Silence is golden my friend…

Alida ·

Nou sal onbevoegde Cele seker sy hoed afhaal en iets doen want dit is blykbaar sy eie mense wat aangeval is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.