Man sterf in Potch-botsing

Die motors se wrakke. Foto: ER24

Die motors se wrakke. Foto: ER24

ʼn Man in sy 30’s is dood en twee mense is beseer in ʼn botsing tussen twee motors Donderdagaand in Potchefstroom in Noordwes.

Volgens Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het die botsing by die aansluiting van Govan Mbekilaan en Nelson Mandelarylaan plaasgevind.

“Die oorledene was ʼn passasier in een van die voertuie en was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Bodasing gesê. “ʼn Vrou en die bestuurder in dié voertuig het matige beserings opgedoen. Die vrou was in die wrak vasgekeer en moes deur die brandweer uitgesny word.”

Die man en vrou is op die toneel behandel en na die Potchefstroom- provinsiale hospitaal geneem. Die persoon in die ander voertuig het hospitaalbehandeling van die hand gewys.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wern ·

Hoekom is hospitaalbehandeling van hand gewys, dalk onder die invloed?

Ann ·

Wern, die jong dame wat mediese behandeling geweier het, het later mediese behandeling ontvang en wou nie van die nooddienste gebruik gemaak het nie. Die mense in die ander voertuig, die voertuig waar die een persoon gesterf het was wel (erg) onder die invloed. Hulle het ook aan die VERKEERDE kant van die pad in n eenrigting straat op gery teen n masiewe spoed!! Hulle het amper die meisie (die een wat mediese behandeling van die hand gewys het) se lewe gekos. Sy was dood onskuldig.

KarooKlong ·

Dalk ‘n oorlewingsbesluit. Gister was daar klomp kommentaar oor swak of geen behandeling asook talle sterftes in hospitale.

Asjas ·

Ann, maw word elke berig van hierdie aard met dieselfde afgesaagde laaste paragraaf afgesluit. As dit ‘n eenrigting is en mense onder die invloed is die oorsaak van die ongeluk voor die handliggend maar ons lesers moet maar tevrede wees met “die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie en sal ondersoek word” en indien wel dit gebeur hoor ons nooit die uitslag nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.