Man sterf in Pta-motorfietsongeluk

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Man is dood toe hy Donderdagaand in ʼn motorfietsongeluk betrokke was in Sefako Makgatho-rylaan (Zambezirylaan) in Pretoria.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man het met sy motorfiets teen die kant van ʼn motor gebots.

“Met paramedici se aankoms het die motorfietsbestuurder in die pad gelê. Hy het egter reeds aan sy beserings beswyk.”

Volgens Botha is ʼn deel van die pad vir verkeer gesluit. Die presiese oorsaak van die botsing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

danie ·

Dit is altyd n groot verlies as iemand sy of haar lewe verloor. Ek dink daar moet daad werklik aandag geskenk word aan hoe ons paaie gebruik word. Motor fiets gebruikers vat onnodig kanse, daar word alewig deur die verkeer gevleg, en daar moet ingedagte gehou word om die spoed van n motorfiets te bepaal vanuit n motor is nie maklik nie. Dit raak nog moeiliker as die fiets eweskielik n opwagting maak. Ek dink meeste insidente word veroorsaak as gevolg van ongeduldige pad gebruikers

Wern ·

Of die motor of die motorfiets het nie gestop toe hulle moes stop nie. Ek wens ek kon iets doen aan mense wat nie stop wanneer hulle moet nie want Ek sien elke week dood op die pad as gevolg van iemand wat nie stop nie.

HBK ·

Wern, jy is 100% reg. Ek ry daagliks die betrokke pad. U-draaie is daar aan die orde van die dag, plus ‘n klein straat wat die besige pad kruis. Maar ons was nie daar nie, so ek gaan nie oordeel nie.

Andre' ·

Dit is so jammer as iemand sy lewe verloor. Ek bly sleg ‘n blok van die spesifieke straat af en wil ook die volgende se; Ek sidder soms sommige nagte as ek wakker word van motorfietse wat in Zambesie afgejaag kom. Net ‘n versoek aan al ons motorfiets ryers om soms ‘n bietjie meer versigtig en stadig te ry, Onthou net dat teen ‘n spoed van 150km/h jy amper 42 meter per second ry wat beteken dat die motoris wat die pad wil ingaan en lings, regs end dan weer lings kyk en na 4 sekondes begin om die pad in te gaan al reeds 208 m van jou opgebruik het!! Moet asseblief nie opneem dat ek se dat die spesifieke motorfiets ryer wel vining gery het nie en dat hy sodoende skuldig was nie…. Sterkte aan sy geliefde en familie.

J.B. ·

Daar is ook motoriste wat glad nie kyk nie,nie eers vir ander voertuie nie wat nog van motorfietse

Moeks ·

Stem 100% saam met jou. Ons ry self motorfiets. Een aand het ‘n voertuig ‘n doodstop in die vinnige baan op die snelweg gemaak. Die rede, sy wou ‘n u draai maak. Jammer vir die persoon wat hul lewe verloor het. Sterkte aan die familie.

Japie ·

Kameras moet asb tog opgesit word in Zambesi – veral by die Veronica en Dr Swanepoel robotte / kruisings. Die mense jaag soos nog iets oor rooi ligte en daar is altyd ongelukke by daardie twee kruisings.

Andre' ·

Die snelheid wat in Sefako Magatho in die aand gehandhaaf word deur meeste motors en motorfietse is eenfoudig ve oor die toelaatbare spoedgrens!! Daarom die hoe aantal voorvalle!!

Dbells ·

Sterkte aan sy familie.. Mag GOd jul troos gedurende hierdie tyd..

Theresa B ·

Wern jy is reg. Die mense begin nou daar ook al oor rooi verkeersligte ry. Die mense vat helse kanse. En hulle is soos ‘n trop (iets). As een dit doen begin almal dit doen. In Silverton (veral Waltloo straat) word daar glad nie gestop by rooi verkeersligte nie. Van motorfietse tot groot trokke. As die lig vir jou groen slaan moet jy nie ry nie. Wag eers en kyk of die ander stop. Die strate word ook nou doodskiste.

Scalla ·

Tragiese geval, sterkte aan die mense.
Wat se rylaan is dit, klink eerder of hul die pad moet herstel volgens die vaak naam, maak gate toe of so iets, wat was fout met Zambesi laan.

Mike ·

Blah blah julle almal , bike ryers is minder sterftes as motors , aan al die voertuig gebruikers daar buite net die woorde!!!!! (IF YOU RIDE LIKE LIGHTNING YOU CRASH LIKE THUNDER)

Pieter ·

Verkeerde aanname. Risiko op motorfietse is baie hoër soos iemand laas aan jou probeer verduidelik het, maar geniet hom, ek probeer my bes om mense soos jy reg te maak na die tyd.

Koos ·

Mense, verkeersreels het verander: 1) Robot, Groen kyk uit en ry wanneer dit veilig is om te ry.
2) Amber – jaag dat die hel op jou staan om oor te gaan. 3) “Ligrooi” Ry deur en gooi ‘n jammer handjie in die lug. 4) Stoptekens verander nou na groen. 5) Toeter kan maar aanhoudend gebruik word. 6) Stop of stilhou op enige plek wat gevaar uitmaak om ander mense de mauer in te maak. Velig ry.

Kooos ·

Motoriste is nie meer bang vir die “meeste”Metro polisie nie want ‘n paar rand onderlangs en jy kom weg met moord kry die dissipline en waardes in plek en die probleme hierbo deur my naamgenoot genoem sal vanself verdwyn.

dries ·

Ongelukke is ongelukke, hou by die spoed beperkings en hierdie tipe ongelukke sal minder ernstig wees. In Zambesi word daar gery en is spoed nie n Faktor nie.

J ·

My innige simpatie vir sy naasbestaandes. So hartseer hoeveel motorfiets ryers hul lewens verloor op ons paaie. Of wat gestremd is na n motorfiets ongeluk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.