Man sterf in Pta-vliegongeluk

Die ligte vliegtuig wat Donderdagoggend neergestort het. Foto: Netcare 911

Die ligte vliegtuig wat Donderdagoggend neergestort het. Foto: Netcare 911

ʼn Ligte vliegtuig het Donderdagoggend naby die Kitty Hawk-vliegveld, suidoos van Pretoria, neergestort.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn 64-jarige man is in die ongeluk dood. “Nog iemand het slegs ligte beserings opgedoen toe die vliegtuig sowat 1km van die vliegveld neergestort het.”

Volgens Mathe het die vliegtuig glo kort nadat dit opgestyg het, neergestort. “Met ons aankoms op die toneel was paramedici van die provinsiale nooddienste reeds besig met noodbehandeling op die 64-jarige man. Ons het hulle bygestaan en al het ons vir langer as 45 minute probeer om die man by te bring, is hy op die toneel dood verklaar.”

Die Burgerlugvaartowerheid sal die ongeluk ondersoek.

ʼn Ligte vliegtuig het Donderdag in ʼn wildreservaat in die Herbertsdale-gebied, naby Mosselbaai in die Wes-Kaap, neergestort. Kapt. Keith Patterson (51) is in die ongeluk dood. Intussen is twee mense beseer nadat ʼn ligte vliegtuig Woensdagoggend in Midrand neergestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tiger ·

Ai dis so tragies .Ons harte gaan uit na die familie en naasbetaandes van die oorledene.Sterkte aan die beseerde persoon en mag hy spoedig van sy nagmerrie ervaring herstel.Ligte vliegtuie is oor die algemeen baie veilig maar soos met enige meganiese vervoermiddel kan daar soms iets onvoorsiens skeefloop.

Blommie ·

Hoe val die vliegtuie so uit die lug uit, 3de ongeluk in 2 dae?

Tiger ·

Blommie,vliegtuie het enjins net soos motors en net soos motors gee dinge in een of ander tyd.Twee van die 3 vlieg ongelukke het plaasgevind direk na opstyging – die gevaarlikste tyd in ‘n vliegtuig – enige vliegtuig.Dis wanneer die meeste krag van die enjin benodig word en sou iets die enjinkrag laat verminder tydens opstyging(na die vliegtuig REEDS van die aanloopbaan af in die lug op is) dan is daar moeilikheid vir die vlieenier.Ek is nie self ‘nvlieenier nie maar het familie en vriende met vliegtuie daarom weet ek so ietsie van hulle af.Miskien kan ‘n vlieenier self meer lig werp op hierdie kwessie??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.