Man sterf in R21-botsing

Argieffoto

Argieffoto

‘n Man is dood en nog ‘n persoon het ernstige beserings opgedoen nadat ‘n vragmotor en ‘n motor vroeg Saterdagoggend op die R21 naby die Tembisa-afrit gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê volgens berigte het die vragmotor in ‘n noordelike rigting gery toe die bestuurder glo beheer verloor het.

Die vragmotor het deur die versperring in die middel van die snelweg gery en met ’n aankomende motor in die teenoorgestelde baan gebots.

Botha sê een man is op die toneel dood verklaar. Nog ‘n man is ernstig beseer en is op die toneel behandel voor hy na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.