Man sterf in Roodepoort-ongeluk

Paramedici op die toneel: Foto: Verskaf

ʼn Man is dood toe die motor waarin hy gery het Saterdag in die vroeë oggendure verskeie kere in Roodepoort, wes van Johannesburg, gerol het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 02:00 by die aansluiting van Nick Toomeyrylaan en Van Wykstraat in Davidsonville plaasgevind.

“Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor waarna die motor ongeveer 60 m ver gerol het. Die motor het op sy dak in die veld langs die pad tot stilstand gekom,” het Siddall gesê.

Paramedici het die man se liggaam ʼn paar meter van die motor se wrak aangetref. “Daar kon niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die man het geen vorm van identifikasie by hom gehad nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ken ·

Vroee oggendure….. Beheer verloor……. Ai, daar eis drank nog ‘n slagoffer. So moeg vir die Suid Afrika mentaliteit van drink en bestuur. Laas naweek na 12 die aand Pretoria toe gery vanaf JHB en kon nie glo hoeveel dronk bestuurders daai tyd van die aand op die hoofweg is nie….. Daar was 4 verskillende motors wat geslinger het oor die pad, duidelik dronk….. Ek’t maar so vining moontlik van die snelweg probeer afkom. Nie so seker hulle het almal dit tot by die huis gemaak nie, en tien teen een ander onskuldiges ook beseer in die proses…. SA se verkeersowerhede moet vining bykom – die dronkies is oral op die pad laataand en weereens word NIKS daaromtrent gedoen nie.

Koos1 ·

Ken. Volgens jou kommentaar is alle bestuurders wat 2uur in die oggend op die pad ry besope? Is jy 100% ingelig oor hierdie ongeluk? Neem asb die naasbestaandes in ag voordat jy oningeligte kommentaar lewer.

Jan ·

Miskien swenk hulle vir slaggate. Die dronkies ry reguit deur die slaggate….

Elize ·

KEN Dit is nie te sè die persoon was dronk nie.. my seun ook so oorlede oo N1 maar hy was nie dronk nie..moet asb nie veralgemeen as jy nie seker is van jou feite nie..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.