Man sterf in rusie oor sleutels

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die Vrystaatse polisie is op soek na ʼn 16-jarige seun wat glo sy oom vermoor het tydens ʼn rusie oor huissleutels.

Sers. Mamello Mokhuoane, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Vrydag omstreeks 19:50 in Stiltepark in Meloding naby Welkom plaasgevind.

“Die verdagte was saam met sy oom, Mohlouwa Klaas (30), en neef toe ʼn rusie ontstaan het oor die huis se sleutels,” het Mokhuoane gesê. “Die verdagte het ʼn mes uitgepluk en sy oom gesteek voor hy te voet op vlug geslaan het.”

Klaas is op die toneel dood verklaar.

Die Meloding-polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gesiggie ·

Dit oor sleutels… ? hierdie kind is 16 jaar oud en al klaar soveel wreedheid in hom ? die lewe raak elke dag net meer en meer geweldadig… Jammer dat so iets moes ontaard. En jammer aan Oom Klaas wat sy lewe moes verloor deur hierdie seun wat nie geweet het om sy humeur te hanteer. Hierdie dinge is so onnodig. Als ruk hand uit. 16 jaar oud en alklaar n moord saak teen hom ? sy lewe is verwoes.

Irene ·

16 jaar en al klaar a moordenaar sies die mense is sleg waar gaan alles heen hul duen hul kom daarmee weg gaan seker in ouers terug gee

pop ·

Hierdie land hits dit eintlik aan. Al die dinge gebeur oor daar nie afskrikmiddel is nie. Wat verwag die regering. Dis n licence to kill.

Kleintjie ·

Al die hartseer en dit oor sleutels.
Waar gaan die mensdom eindig. Ek glo God se hart is BAIE seer oor sy skepping.

Stev ·

Dit is baie hartseer om so iets te lees.
Waar is die GFSA’s (gun free south africans)…julle se mos vuurwapens maak mense dood ons moet meer vuurwapen beheer toepas ens ens ens, net om die wetsgehoorsame burgers te na te kom. Miskien moet julle ook sommer begin met ‘n nuwe een iets soos…KFSA (Knife Free SA). Want julle sukkel om te verstaan dat mense, mense dood maak nie die wapen wat gebruik word nie.

Die probleem is baie groot en die probleem lê by ons geweldadige samelewing. Opvoeding is nodig om van kleins af jou kinders op die regte pad te sit. Natuurlik is daar baie faktore wat moet verander, en ek glo almal weet wat dit is.

Karma ·

@Stef, ek stem saam met jou opinie oor “Gun Free SA” – as ons alle items wat dood kan veroorsaak moet verban, moet ons (buiten Knif Free SA) ook die volgende hê:

MFSA (Matches Free SA)
RFSA (Rocks Free SA)
(HFSA (Hands Free SA)
PFSA (Petrol Free SA)
CFSA (Car Free SA – vrouens gebruik deesda hul motors om hul wederhelftes mee plat te ry, hoor ek!)

en so kan die lysie aangaan en aangaan. Per slot van sak is dit nie die moordwapen wat die vermoorde doodmaak nie, maar die persoon wat die moordwapen opneem en die misdaad pleeg ………

Joann ·

Karma en Stev ek stem saam,maar onthou onder sy vriende is hy nou n hero.

Stev ·

100%, dis hoekom ek sê daar is ‘n probleem met kinders/tieners se opvoeding. ‘n 16jarige is nie veronderstel om kriminele gedagtes te hê nie, maak nie saak wat nie, punt! Ek was baie kwaad in my jonger dae oor hoe my ouers my partykeer gehanteer het, en ek kan vandag sê dat ek die man is wat ek is agv van my opvoeding en ek is baie dankbaar vir wat my ouers my geleer het en my die regte pad altyd aangewys het.

Rapes ·

Ek dink die hele probleem lê by ons grootmense. Ons piep die kinders te veel op. Buig die boompie terwyl hy jonk is en glo my dit werk. Vergeet van al die jammer kry en ag voeitogs.

Erasmus ·

Wie gaan help soek? Geen beskrywing, geen naam , geen niks… daar loop honderde sestien jarige kinders op straat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.