Man sterf in Secunda-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

‘n Man is dood en drie mense is beseer nadat die motor waarin hulle gery het Vrydag in Secunda, Mpumalanga gerol het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het op Evanderweg plaasgevind.

“Die drie beseerdes is op die toneel behandel en na die Evander-hospitaal geneem vir behandeling,” het Meiring gesê.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.