Man sterf in skietgeveg met polisie

(Argieffoto ter illustrasie: SA Polisie)

ʼn Man is dood tydens ʼn skietgeveg met die polisie in Inanda in Durban, het die polisie Sondag gesê.

Lede van die Inanda-misdaadvoorkomingsgroepering was Vrydagaand besig met operasies toe hulle twee mans met vuurwapens in die gebied opgemerk het, het brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die verdagtes is in Congo in Inanda gesien, maar het die bosse in laat spaander toe die polisie hulle genader het. ʼn Jaagtog het ontstaan en die verdagtes het op die polisie losgebrand. Tydens die skietery is ʼn 23-jarige verdagte doodgeskiet, terwyl sy makker weggekom het.”

ʼn Glock-vuurwapen en ammunisie is by die oorledene gevind. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen en sake van poging tot moord en die onwettige besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie is by die Inanda-polisiestasie aanhangig gemaak, het Naicker gesê.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, polisiehoof in KwaZulu-Natal, het die polisie geloof omdat hulle die onwettige wapens gevind het.

“Ons is ook dankbaar dat geen van ons polisielede tydens die aanval beseer is nie. Ons staan bankvas in die stryd teen misdaad en geen geweld teenoor ons polisielede gaan ons afskrik om ons werk te doen nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.