Man sterf in tref-en-trap

Argieffoto

Die polisie in Uitenhage in die Oos-Kaap het hulp van die publiek versoek nadat ʼn 31-jarige man Sondag in die vroeë oggendure tydens ʼn tref-en-trap-ongeluk doodgery is.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê die voorval het omstreeks 03:00 in Caledonstraat in Uitenhage, in die rigting van Despatch, gebeur. Volgens die polisie het ʼn blou Volkswagen Up die man, Rowan de Vos, raakgery en van die toneel weggejaag.

De Vos is op die toneel dood.

ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek. Mense met inligting wat tot die opsporing van die bestuurder kan lei, word versoek om sers. Aretha Sam by 041 996 4500 of Stop Misdaad by 0860 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Koos ·

Die VW Up is seker afgeskryf? Byna onmoontlik om te dink die tuigie kon nog ry ná so slag. Wat soek iemand om 03h00 die oggend op straat, of het dit op die sypaadjie gebeur? Begin deur ‘n bloedmonster van die oorledene te neem.

KG ·

As motoris frustreer voetgangers my geweldig omdat baie van hulle onverantwoordelik is en nie eers na jou kant kyk as hulle ‘n pad oorsteek nie. Dit verander wel nie die feit dat jy moet stop as jy iemand tref nie. Ek sou dink dis darem dis net die menslike ding om te doen.

Marinda ·

Glo dit nou of nie, maar party mense is oppad werk toe daai tyd van die oggend. Ons werk nie almal 9 – 5 nie. Party mense moet stap waar hulle wil wees. RIV

PJC ·

As jy iemand raak of doodry en dan maak dat jy wegkom word jy outomaties die skuldige ongeag wat die voetganger gedoen het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.