ʼn Voetganger, ʼn man in sy 30’s, is Saterdagaand in ʼn beweerde tref-en-trap-ongeluk in die noorde van Durban doodgery.
Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, het Sondag gesê paramedici is omstreeks 22:00 na die toneel, op die N2-snelweg naby die afrit van die M21, ontbied.
“Die man se liggaam is in die vinnige baan van die N2-Suid aangetref. Hy het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het Van Reenen gesê.
Die polisie was op die toneel en ondersoek die voorval.
Voetgangers hoort nie op n snelweg, maar gereeld kry jy een wat net oor die snelweg hardloop
GLAD NIE nuuswaardig…