Man sterf in tref-en-trap

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn Man in sy 30’s is dood nadat hy Dinsdagoggend op die N12 in Benoni aan die Oos-Rand deur ʼn voertuig getref is.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, sê die man se liggaam is op die middelman van die snelweg aangetref.

“Die man het veelvoudige beserings opgedoen en was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Meiring gesê.

Daar word vermoed dat bestuurder van die voertuig wat in die botsing betrokke was, van die toneel af weggejaag het. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.