Man sterf in trekker-fratsongeluk

Die toneel op die plaas tussen Meyerton en Vereeniging in Gauteng waar die voorval plaasgevind het Foto: ER24

Die toneel op die plaas tussen Meyerton en Vereeniging in Gauteng waar die voorval plaasgevind het Foto: ER24

ʼn 22-jarige man is Dinsdag dood nadat ʼn grassnyer-trekker glo oor hom gery het op ʼn plaas tussen Vereeniging en Meyerton in Gauteng.

“Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Hy het onder andere ʼn skedelfraktuur opgedoen en sy been was ook halfpad geamputeer.”

Die oorsaak van die voorval is nog nie bekend nie. Plaaslike owerhede stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.