Man sterf in trokbotsing

Die swaarvoertuig wat gebots het. Foto: ER24

Die swaarvoertuig wat gebots het. Foto: ER24

Die bestuurder van ʼn swaarvoertuig is Maandag in ʼn ongeluk op die N3-snelweg naby Hammersadel in KwaZulu-Natal dood.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 04:00 in die rigting van Pietermaritzburg plaasgevind.

“Met paramedici se aankoms is die swaarvoertuig aan die kant van die snelweg, halfpad teen ʼn steilte af, aangetref,” het Vermaak gesê. “Die bestuurder van die vragmotor, in sy 30’s, is dood buite die vragmotor aangetref. Dit is in dié stadium nie duidelik of hy uit die vragmotor geslinger is, of uit die voertuig gespring het voor dit gebots het nie.”

Dit is nog nie bekend wat tot die ongeluk gelei het nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lee ·

Dis so so hartseer. Sterkte aan sy familie. My broer is in Oktober oorlede as gevolg van ‘n ander trok wat gebreek het en in die pad gestaan het sonder ligte aan en toe is hy met sy trok in hom vas. Dit was tussen Klerksdorp en Wolmaranstad in die aand. As ek sien waardeur ons gaan kan ek my net indink waardeer die are ou se familie gaan gaan. Sterkte !

Wonder net ... ·

Vreemde beriggewing. Vragmotor het gebots, onbekend wat tot ongeluk gelei het? As gebots het hy teen iets vasgery as ek gebots reg verstaan. Dit klink nie so nie as berig lees nie. Wonder net ….

Peet Schabort ·

Korrek Yolandie.
Weg is die antwoordblokkie by die een wat kommentaar lewer en gaan ‘n antwoord op kommentaar reeds gelewer nou onsamehangend deurkom.

Sune van Heerden ·

Dagsê Peet

Dankie vir jou terugvoer. Ons webbediener dra tans ‘n baie groot las (ons het die afgelope 30 dae meer as 2 miljoen besoeke en 5 miljoen bladsye bedien). Ons moet dus kreatief te werk gaan om seker te maak dat die bediener steeds die las kan dra voordat ons volgende jaar in ons begroting weer meer kapasiteit kan skep. Maroela is maar soos ‘n kind wat vinniger groei as wat sy ouers kan voorspel: môreoggend voor hy moet skool toe gaan is sy skoene skielik te klein of die moue te kort – dan beraam mens maar dringend ‘n tydelike plan!

Ons het weer ‘n verstelling gemaak aan die vlakke van kommentaar, want ons besef dit is ‘n vir die lesers ‘n frustrasie, maar ons vra asseblief dat julle geduldig sal wees. Ons probeer nie julle verhinder om kommentaar te lewer nie, dit was bloot uit noodsaak gedoen.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.