Man sterf in trompop botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man is dood en nog ʼn persoon is beseer in ʼn botsing reg van voor in Bloubosrand, Johannesburg.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het Sondagmiddag in Witkoppenweg plaasgevind. ʼn Toyota Corolla en ʼn Jeep het reg van voor teen mekaar gebots.

Volgens Vermaak het die bestuurder van die Jeep ligte beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die bestuurder van die Corolla was in die motor se wrak vasgekeer. Die man, glo in sy 50’s, het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Sy liggaam moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word.

Volgens Vermaak het een van die motors glo in aankomende verkeer beland en het dit tot die trompop botsing gelei. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.