Man sterf in trompop botsing

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Man is dood en drie ander mense beseer, nadat twee voertuie Dinsdag naby Hartbeespoort in Noordwes gebots het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voertuie het mekaar reg van voor getref op die R513.

Paramedici van Netcare 911 en Hartbeespoort-nooddienste het die man op die toneel dood verklaar. Nog ʼn man het kritieke beserings opgedoen en moes met ʼn helikopter na hospitaal met ʼn vlak 1-traumaeenheid in Johannesburg geneem word.

Die ander twee mense is met ambulanse na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Dit is nie bekend wat die botsing veroorsaak het nie en dit word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jasper ·

Niksseggende berigte. “Man sterf in botsing.” Baie mense sterf daagliks in ongelukke. As julle nie meer details het nie, los maar die berig.

Anoniem ·

Ancara op daai pad kan jy nie se dis spoed nie, daai pad is so sleg, jy kan nie vinag ry nie. so as jy nie bewyse het van jou bewerings nie – bly stil.

Ancara ·

Anoniem.Ek het van oor die algemeen gepraat van spoed.Nou as die mense weet daai pad is so sleg hoekom in n padongeluk kom???

Daan ·

Ou Jasper,polisiëer jy nou Maroela se berigte? Is dit nie sensasioneel genoeg nie,of wat?

Onderwyser ·

Sou dit wees dat twee voorwerpe met dieselfde massa en dieselfde spoed/snelheid trompop bots is daar geen verdubbeling in die slag van die botsing. M.a.w. ‘n spoed van sê 120 km/h vir beide voertuie word nie verdubbel na 240 km/h. Dit bly steeds 120 km/h asof een voertuig teen ‘n soliede muur vasry. Dit is net so goed asof daar ‘n (onsigbare) muur tussen die voertuie is. Maak dit nou ‘n sigbare muur en ek vertrou jy verstaan my redenasie. Wat sê julle geleerde wetenskaplikes?

weesWys ·

Hehe, knorrige kommentators… Toemaar Ancara. Dankie Maroela Media. Julle en julle uitstekende werk word waarlik waardeer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.