Man sterf in trompop botsing met bus

Die motor en bus wat trompop gebots het. Foto: ER24

Die motor en bus wat trompop gebots het. Foto: ER24

ʼn Man is dood nadat sy motor Donderdagoggend reg van voor teen ʼn bus in Newcastle, KwaZulu-Natal, gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het op ʼn pad van ʼn informele nedersetting in Dicks Halt plaasgevind.

“Met paramedici se aankoms is die bus en motor in die middel van die pad aangetref. Die man in die motor was reeds dood en sy liggaam was in die wrak vasgekeer,” het Meiring gesê. Die man se liggaam moes deur die brandweer uit die wrak gesny word.

“Daar was ook twee vroue in die motor. Hulle het geringe beserings opgedoen en is op die toneel behandel, waarna hulle na die Madadeni-hospitaal geneem is.”

Niemand in die bus is beseer nie.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Paul ·

Kan julle nie vir ER24 versoek om aan te dui watter van die insittendes van voertuie in ongelukke waaroor berig word, veligheidsgordels aangehad het en watter nie.

Dis moeilik om te sien, maar volgens die foto lyk dit asof die motor eintlik nie sulke erge skade gekry het nie – die passasierskompartement lyk relatief onbeskadig. Dan wonder mens of die man wat gesterf het, dalk nie sy veiligheidsgordel aangehad het nie, terwyl die twee vroue wat slegs “geringe beserings” het, dit wel aangehad het.

Peet Schabort ·

Ek stem saam Paul. Ook in die geval van babas, babastoeltjies.

Stella ·

Ek het in die laat sewentigs ñ 1400 bakkie gesien wat van agteraf in ñ bus vasgery het, die bus se agterkant was tot by die windskerm. Die bakkie het ook nie baie beskadig gelyk nie, die bestuurder by sy volle positiewe was vasgedruk tussen die stuurwiel en sitplek. Hy het gelewe totdat hulle hom uithaal. Sy organe het geskeur van die slag en die drukking het die bloeding in ñ mate gestop tot hy uitgehaal is

Ben ·

Alhoewel ek nie kan uitmaak watse maak van voertuig dit is nie, lyk dit redelik modern dog effe Koreaans. Het die ding ooit lugsakke ingehad? Ek stem saam met Paul hierbo, gordels sou gehelp het, want die windskerm lyk selfs nog heel op die foto.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.