Man sterf in trompop botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

‘n Man is Woensdagoggend dood nadat sy motor reg van voor teen ‘n vragmotor gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het in Pretoriaweg in Bapsfontein, oos van Johannesburg, plaasgevind.

Hy sê die man, in sy 50’s, was in die wrak vasgekeer en was reeds oorlede met paramedici se aankoms op die toneel.

Meiring sê die bestuurder van die vragmotor het ligte beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel voor hy na die Verre Oos-Rand-hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie botha ·

Daar gebeur hopeloos te veel ongelukke en daar word heeltemal te min daaromtrent gedoen.
My dogter is n jaar terug in n ongeluk oorlede en nog niks het gebeur nie. Geen terugvoer. Niks
Mense ry onverskillig en as jy bel en die motor se nommer en besonderhede gee stuur hulle jou van een persoon na n ander. By die tyd wat iemand wil of kan help is die motor weg saam met besonderhede want almal het nie altyd skryfgoed byderhand as hulle bestuur nie.
Ons word aangese om tolhekke en al sulke goed te betaal maar wanneer mense onverskillig ry is daar geen gereg naby nie en ek weet want ek is voltyds op die pad

amore ·

Hi Sarie ek stem 100 persent saam jou dis my skoon pa wat in die ongeluk was mens kom nie agter watse groot gevaar dit is todat iets met jou gebeur of iemand wat jy ken ni

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.