Man sterf in trompopbotsing met trokke

Die bakkie se wrak. Foto: Verskaf

Die bakkie se wrak. Foto: Verskaf

ʼn Man is dood en een beseer nadat ʼn bakkie Woensdag met twee vragmotors in Rustenburg, Noordwes, gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het in Bleskopweg plaasgevind.

“Die bakkie en ʼn vragmotor was vermoedelik betrokke in ʼn botsing reg van voor. ʼn Tweede vragmotor het die bakkie daarna getref, wat veroorsaak het dat dit gerol en aan die brand geslaan het.”

Paramedici het die bakkie se wrak in die veld langs die pad aangetref. Die twee vragmotors het aan die ander kant van die pad gestaan.

“ʼn Man het buite die bakkie se wrak gelê en nog een was in die wrak vasgekeer. Paramedici kon niks vir die man in die bakkie doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die ander man het matige beserings opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer en na die Life Peglarey-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gert ·

Die Here het baie groot planne vir die man wat buite die bakkie op geëindig het.

Veiligheidsgordel ·

Heel moontlik het die nie-dra van ‘n veiligheidsgordel gemaak dat hy uitgeval het met die eerste botsing en sodoende nie deel was van die tweede botsing. ‘n Uiters rare geval maar nie onmoontlik. Slotsom: Dra maar liewer die gordel want vir oorlewing oor die algemeen in ongelukke gaan/kan dit jou lewe red.

NW ·

Ek ry elke dag daai pad werk toe en ek kan almal verseker dat die trokke soos wilde beeste op daai pad ry. Hulle het geen genade nie, jaag verby ons op die geel lyn, druk voor jou in, daai pad is te smal vir al al die verkeer en NIEMAND doen niks daaraan nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.