Man sterf in Tulbagh-ontploffing

Tulbagh se hoofstraat met die Winterhoek-berge in die agtergrond Foto: Andres de Wet, Wikimedia Commons

Tulbagh se hoofstraat met die Winterhoek-berge in die agtergrond Foto: Andres de Wet, Wikimedia Commons

ʼn Man is Dinsdag in ʼn ontploffing by ʼn fabriek in Tulbagh in die Wes-Kaap oorlede.

“Die 55-jarige man het ʼn ernstige kopbesering opgedoen,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê.

Die aanleg is in Van der Stelstraat geleë.

Die man was in ʼn kritieke toestand en paramedici het hom dadelik bygestaan. “Hy het egter met sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk,” het Meiring bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.