Man sterf in tweede aanval op GPF-lede

Foto ter illustrasie: Google Earth

ʼn Lid van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Muldersdrift het Dinsdagoggend in ʼn koeëlreën op sy plaas gesterf. Sy lewensmaat, ʼn lid van die GPF se uitvoerende komitee, was ook tydens die aanval in die huis, maar is gelukkig nie ernstig beseer nie.

Dit is boonop die tweede aanval op lede van dié GPF in vyf weke.

Die slagoffers van die jongste voorval se name word in dié stadium op versoek van die GPF weerhou.

Volgens Paul CatIlett, ondervoorsitter van die GPF, het die rowers sowat 15 skote afgevuur nadat hulle omstreeks 01:00 toegang tot die paartjie se huis verkry het.

Catlett sê verskeie skote het die oorledene, ʼn pa in sy veertigs, getref. Die paartjie se hond is ook tydens die aanval geskiet en is tans in ʼn kritieke toestand by ʼn plaaslike dierekliniek.

Ondanks die geweld waarmee die drie aanvallers die misdaad gepleeg het, sê Catlett, het hulle omtrent net ʼn “stukkende skootrekenaar” en twee selfone gesteel.

“Dit maak nie sin nie. Die mate van geweld en wreedheid stem nie ooreen met die ‘voordeel’ wat die aanvallers uit die misdaad getrek het nie.”

Catlett en sy lewensmaat was self slagoffers toe vyf swaargewapende aanvallers op 3 September op hul plaas, ook in dié omgewing, toegesak het.

Hoewel niemand ernstig in dié voorval beseer is nie, sê Catlett hy is “gelukkig om te leef”.

“Drie lede van die GPF, van wie twee lede van die uitvoerende komitee, was nou al die afgelope weke die teikens van ernstige, gewelddadige misdade. Dis blatant duidelik dat daar ʼn bepaalde werkwyse agter dié aanvalle is.”

Catlett sê hoewel mense altyd “dankbaar” is wanneer iemand só ʼn soort aanval oorleef, moes die aanval in die eerste plek nooit plaasgevind het nie.

“Proaktiewe polisiëring is baie beter as reaktiewe polisiëring. Ons as GPF en die breër Muldersdrift-gemeenskap sal nie rus totdat die polisie die skuldiges gevang het en ons meer proaktiewe polisiëring in ons omgewing sien om gebeure soos dié te verhoed nie.”

Martin Lombard, voorsitter van die AfriForum-buurtwag in Krugersdorp, sê die buurtwag is geskok oor die “brutaliteit” van die jongste voorval.

“Die buurtwag sal hande met die GPF vat om seker te maak dat die mense van Muldersdrift beveilig word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Di ·

Begin soek by die een wat die dreigemente gemaak het om polisielede aan te val en boere van plase af te dwing, hierdie moordenaars is seker deel van sy mense.

Marius ·

Daar is bittermin plaas of plot aanvalle waar die waarde van die buit die kostes wat die aanvallers aangaan regverdig. Meeste aanvallers kom gewoonlik ver, dus moet daar vir vervoer en brandstof betaal word. Die waarde van die buit regverdig ook nie die risiko wat hul loop. Die gepaardgaande geweld is buite die norm vir die doel van die misdaad.

Dit maak alles nie sin en laat dit meer na ‘n gefinansierde intimidasie taktiek lyk.

Anna-marie ·

Net soos hulle sekeres uit die werkplekke wil hê, wil hulle sekeres van die grond/plase af hê.

Werner ·

Weet nie hoe daar na hulle as rowes verwys kan word nie.Tipiese terroriste aanval

Deon ·

Moord bende, as jy n plek roof met n gevaarlike wapen en so baie skote op n mens skiet dan het jy met n plan soontoe gegaan

Skim ·

Die buit wat hul vat is tweede prys, eerste prys is die lewens wat hul vat.

Jacobus ·

Hierdie is goed opgeleide terroriste indiens van die KOMMUNISTIESE ANC.

Gert ·

Lenin en Stalin -“Beheer die plateland met vrees en intemidasie dan beheer ons die land met vrees en intemidasie” Suid Afrikaners is net te DOM om te weet dat wat hier aangaan fyn beplan word van af hogeregesag!!

marius ·

So lank as wat die slang ‘n kop het sal dit nie ophou nie .

Deon ·

Hy het wel die plaas in die kaap besoek wat so jaar terug aangeval was, amper gelyk asof hy wou gaan “inspect the newly aquired merchandise”

Dup ·

Niks het verander sedert die 1800 se grens oorloë nie. Gaan lees FA Venter se reeks boeke oor daardie tydperk.

Harley Davidson ·

Dit is die hoofrede om jou bang te maak baklei terug dan is hulle nie meer so self verseker nie.

Harley Davidson ·

Die GPF is op die been gebring om die polisie by te staan maar hoe swakker die polisie geword het hoe meer moes die GPF lede doen wat verkeerd is want sou jy gedood word tydens ‘n GPF patrollie sal versekering maatskappye nie jou polis dek nie tensy jy dit voor die tyd openbaar.

Charl ·

Aanvalle met voorbedagde rade waar dit nie oor buit gaan maar oor moord met die GPF as teikens ! Kry hulle en maak hulle van kant, gooi in ‘n gat, moenie moeite doen met arrestasies en hofsake nie, hierdie is terrorisme.

Gert ·

Lenin en Stalin -“Beheer die plateland met vrees en intemidasie dan beheer ons die land met vrees en intemidasie” Suid Afrikaners is net te DOM om te weet dat wat hier aangaan fyn beplan word van af hogeregesag!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.