Man sterf in Vereeniging-botsing

Foto: Verskaf

ʼn Man is Dinsdagaand dood en twee mense is beseer nadat twee voertuie in Vereeniging in Gauteng gebots het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het omstreeks 18:00 op die hoek van Leslie- en Livingstonelaan plaasgevind.

“ʼn Minibustaxi en nog ʼn voertuig het in die aansluiting gebots. Met paramedici se aankoms was die bestuurder van die taxi reeds dood. Daar kon niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Siddall gesê.

ʼn Vrou, in haar laat 20’s, het matige beserings opgedoen en is met ʼn ambulans na Mediclinic Vereeniging geneem vir verdere behandeling. ʼn Derde persoon het slegs geringe beserings opgedoen.

Plaaslike owerhede was op die toneel en is besig om die presiese oorsaak van die ongeluk te ondersoek.

Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anmari ·

Dis Vereeniging, Taxi’s oorheers die plek en ry soos hul wil, geen wetstoepassing nie. Sit eerder onder die boom en slap.

Vra net ·

Phillip, en as dit jou vrou, kind of iemand na aan jou was so jy dan dieselfde gese het???? Daardie persoon wat dood is het ook ‘n familie gehad en mense wat lief is vir hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.