Man sterf in vliegongeluk in Nelspruit

Foto: Netcare 911

’n Vliegtuigongeluk naby die ou Nelspruit-lughawe in Mpumalanga het die lewe van ’n man, vermoedelik in sy 40’s, geëis.

Paramedici van Netcare 911 het Vrydagmiddag omstreeks 15:45 gereageer na berigte van ’n vliegtuigongeluk ontvang is.

Met paramedici se aankoms op die toneel was die ligte vliegtuig in vlamme gehul.

“Die brand- en reddingsdienste het die vlamme geblus,” het Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, gesê. Die vlieënier is op die toneel dood verklaar.

Die Burgerlugvaartowerheid sal die presiese omstandighede van die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

antieke antie ·

daar is baie vliegongelukke die laaste tyd….. is dit a g v die opleidingkwaliteit? ….

Fritz ·

Daar is baie egskeidings die laaste tyd…..is dit a.g.v. die opvoedingskwaliteit?

madels ·

Soms wonder ek of daar nie gepeuter word met die vliegtuie nie :-(. Dis darem net weird dat so baie vliegtuie deesdae val

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.