Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê al vier mans is uit die motor geslinger toe dit omgeslaan het. Een van die mans is op die toneel dood verklaar.
Volgens Steinmann het die ander mans ernstige tot kritieke beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verder behandeling.
Steinmann het gesê die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek. Verkeer is erg ontwrig weens die ongeluk.