Man sterf in Vrystaat-botsing

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

ʼn Man is Vrydagaand dood en drie mans is beseer nadat die motor waarin hulle gery het op die Maselspoortdam-pad in Bloemfontein omgeslaan het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê al vier mans is uit die motor geslinger toe dit omgeslaan het. Een van die mans is op die toneel dood verklaar.

Volgens Steinmann het die ander mans ernstige tot kritieke beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verder behandeling.

Steinmann het gesê die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek. Verkeer is erg ontwrig weens die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.