Man sterf in Vrystaat-botsing

'n Man in sy 50s is dood tydens 'n ongeluk naby Vrede in die Vrystaat. Foto: ER24

‘n Man in sy 50s is dood tydens ‘n ongeluk naby Vrede in die Vrystaat. Foto: ER24

ʼn Man in sy 50’s is Sondag dood en ʼn egpaar het kritieke beserings opgedoen ná ʼn ongeluk tussen twee motors naby Vrede in die Vrystaat.

Luyanda Majija, ʼn woordvoerder van ER24, het in ʼn verklaring gesê die ongeluk het op die pad tussen Warden en Villiers, sowat 10 km van die Vrede-afrit, plaasgevind.

Die oorledene het alleen in sy motor gereis. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die egpaar is gestabiliseer en na ʼn hospitaal geneem vir dringende verdere behandeling.

“Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk,” het Majija bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.