Man sterf in Vrystaat-ongeluk

Die motor se wrak. Foto: ER24

Die motor se wrak. Foto: ER24

ʼn Man in sy 40’s is dood toe hy Woensdagaand tydens ʼn ongeluk buite Ficksburg in die Vrystaat uit sy motor geslinger is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het sowat 7 km buite die dorp op die R26 plaasgevind. Die man het beheer oor die motor verloor, waarna dit verskeie kere gerol het.

“Paramedici van ER24 was van ʼn ander toneel op pad terug na hul beheerstasie toe, toe hulle toevallig op dié toneel afgekom het. Die motor is op sy dak in die middel van die pad aangetref. Die man se liggaam is sowat 5 m van die wrak gevind,” het Meiring gesê.

Niks kon vir die man gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Paul ·

Waarom mense nie veiligheidsgordels dra nie, gaan my verstand te bowe.

Marius ·

Mense reken mos dit is sy eie reg om veiligheidsgordel te dra of nie. Neem ons motoriste padveiligheid regtig ernstig op? Maar ons is ook vinnig om na ander vinger te wys.

Paul ·

Dit is mense se eie reg om ‘n veiligheidsgordel te dra of nie. Maar dis idioties om dit nie te dra nie.

Ekwilibrium ·

Ek stem met julle saam, belaglik dat mense steeds kies om bloots te bestuur. Daardie Peugeot is egter so oud, ek wonder of hy veiligheidsgordels het. Vanaf Februarie 1978 is dit wet om gordels voor in die kar te dra, vanaf 1997 wet vir alle passasiers om in the gordel. Daai Pie-jou kan maklik veerig jaar+ oud wees… Steeds tragies, sterkte aan naasbestaandes.

Paul ·

Daardie kar is ‘n Peugeot 504 wat van 1968 tot 1983 in Europa geproduseer is. In Suid-Afrika is dit van 1970 tot 1985 geproduseer (en sommige ander plekke selfs so laat soos 2006, soms onder ander name). Aan die luguitlaat agter die kantvenster kan mens sien dat hierdie kar ‘n 1972-model of later moet wees, aangesien daardie luguitlaat eers in 1972 bygevoeg is.

Sedert 1970 (die eerste modeljaar in SA) het die Peugeot 504 wel veiligheidsgordels as standaard op die voorste sitplekke gehad, en selfs (ten minste in sommige modelle) ‘n liggie op die paneelbord wat gesê het “Fasten Seat Belts”.

Hukm ·

Ek dra meeste van die tyd nie my veiligheidsgordel nie.
Rede # My broer was so paar jaar terug in n motor ongeluk, en die span wat hom uit sy vrak moes sny het gese dat as hy sy veiligheidsgordel aan gehad het sy hou op slag dood gewees het. Sy kar se enjin het letterlik gesit waar hy gesit het, Hy was met die slag agter toe gegooi na die agterste sitplekke toe. Ek dink ons het elk een ons eie mening en ja ek stem dat daar seker al meer mense se lewens gered is deur veiligheidgordels maar ek glo ook daar is heelwat mense wat ongelukkig oorleef het omdat hulle nie hulle sin gedra het nie. Dis maar 50 / 50

Pieter ·

Ne dis nie 50 / 50 nie maar eerder 99 vir gordel en 1 teen dit. Die gevalle waar veiligheidsgordel teen jou tel is baie minder as die gevalle waar dit jou lewe red. Daarom, dra dit, altyd!

Paul ·

So jy wil eerder voorsorg tref vir die een uit ‘n miljoen kans dat die veiligheidsgordel jou gaan beseer of laat beseer? Wat van die BAIE MEER waarskynlike scenario dat jy in ‘n “gewone” botsing is en jy doodgaan of beseer word omdat jy nie ‘n veiligheidsgordel dra nie?
Jou onvermoë om waarskynlikhede te verstaan, plaas jou in doodsgevaar.
Jou redenasie is soos om te sê: “Ek gaan my kinders nie skool toe stuur nie, want Zuma is nie skool toe nie, en hy het toe president geword, so om nie skool toe te gaan nie, gee vir mens sukses.”

Griki ·

Nee Hukm, nie 50/50 nie, dis 98/2 – jou broer se geval was een van 2%. Dit is nie ‘n kans wat ek sal neem nie.

Asjas ·

Ek dra my veiligheidsgordel so veel as moontlik maar ongelukkig is die paaie waarop ek ry in ‘n haglike toestand. Die veiligheidsgordel het my al geskaaf dat die bloed loop, dit is wanneer die pad nie so sleg is dat die gordel die heeltyd aan my ruk nie en my stywe nek gee nie.
Glo my, op goeie paaie waar jy vinnig kan ry is hy aan maar op slegte paaie haal ek hom af want ek kan nie bestuur met iets wat my seer maak en terug ruk die heeltyd nie omdat my kar dink ek is in ‘n ongeluk nie.

Paul ·

Die gordel ruk jou nie terug “omdat die kar dink jy is in ‘n ongeluk” nie. Lyk my iemand het jou van “seat belt pre-tensioners” vertel, wat die gordel styftrek wanneer ‘n ongeluk gebeur. Daardie toestelle is letterlik klein bommetjies wat die gordel styftrek – dit kan slegs eenmaal geaktiveer word en daarna moet die gordels vervang word met nuwes.
Jy dra jou veiligheidsgordel eenvoudig te styf. Maak dit net bietjie losser.

Paul ·

Verder, as die veiligheidsgordel aan jou nek ruk, dan dra jy dit ook verkeerd. Stel dit laer, indien jou motor ‘n verstellingsmeganisme daarvoor het. Dit behoort nie verby jou nek te loop nie, maar slegs oor jou bors.
Alle karre het nie so verstellingsmeganisme nie, maar dis tog redelik algemeen selfs in goedkoop karre.

Blom ·

Sover ek verstaan werk die lugsakke slegs wanneer jy jou veiligheidsgordel dra. Dit is maar beter om jou gordel altyd vas te maak.

Griki ·

Tip, Asjas: Trek die veilheidsgordel so 3-4cm verder uit en knyp dit vas met ‘n wasgoedpennetjie. Die gordel sit dan effens losser, maar die wasgoedpennetjie beïnvloed nie die werking van die gordel nie.

Tiger ·

ALLE renjaers gordel vas voor hulle ‘n tree ry.Hoekom dan as ‘n veiligheidsgordel dan so gevaarlik so wees?Nee wat veiligheidsgordels red baie meer lewens as om lewens te neem.Hy maak jou wel seer in ‘n ongeluk maar darem bly jy binne jou motor en so verhoed hy noodlottige beserings deur buite te land.

Paul ·

Ja nee, ek kan ook altyd net my kop skud oor mense wat kla oor die gordel hulle “seergemaak” het in ‘n ongeluk. So hulle kla oor ‘n skaafmerk en kneusing waar die gordel was. Maar hulle kan nie insien dat as die krag van die botsing so sterk was dat die gordel hulle beseer het, hulle sonder die gordel kliphard teen die stuurwiel of deur die ruit geslinger sou word, met baie, baie erger gevolge. Daar’s nie pille nie…

Lodewyk ·

Spoed het seker weer die ongeluk veroorsaak. slaggate het ook `n groot aandeel aan ongelukke. As jy vir `n slaggat moet uitswaai op `n spoed kan jy die motor maklik rol.

Bloues ·

Paul, ek verstom my aan jou kennis van die moter en die beredeneerde afleidings wat jy maak.
Dit is uitsonderlik.

KarooKlong ·

Skerp Bloues. Ek lees dit met alle bedoellings inaggeneem.

Kaufman ·

Maroela het klomp baie skerp lesers en Paul is duidelik een van hulle. Hy is heeltemal reg in wat hy hier sê.

Marius ·

Asjas, waar ry jy? Ons paaie is sleg, maar ek het nog nooit sulke slegte paaie beleef. Paul, as motoriste nie eers weet hoe om ‘n veiligheidsgordel te dra of hoe om in ‘n motor te sit nie, wys ons net watse swak bestuurders op ons paaie is. “Speed does not kil, incomponent motorists does”

Paul ·

Aan die voorkant van elke motor se handleiding is ellelange bladsye vol diagramme wat aandui hoe om die sitplek en die stuurwiel en die veiligheidsgordels te verstel vir maksimum veiligheid. Hoeveel mense dink jy lees dit? Nee, dis mos te veel moeite – ry sommer net rond sonder om ag te slaan daarop…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.