Man sterf in Wes-Kaap fabriek

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man, vermoedelik in sy laat 40’s, is dood toe hy Saterdagmiddag by ʼn fabriek in Worcester in die Wes-Kaap inmekaargesak het.

Werner Vermaak, kommunikasiebestuurder van ER24, het gesê paramedici van ER24 en die Breedevallei-reddingsdienste is net voor 15:00 na die fabriek ontbied. “Omstanders het verduidelik dat die man besig was om ʼn gedeelte van die fabriek skoon te maak toe hy skielik inmekaargesak het,” het Vermaak gesê.

“Sy kollegas het hom te hulp gesnel en probeer om hom by te bring. Paramedici het by hulle oorgeneem, maar ten spyte van hul beste pogings om sy lewe te red, is die man op die toneel dood verklaar.” Reddingswerkers het gehelp om die man se liggaam uit die fabriek te bring.

Vermaak wou nie bespiegel oor die oorsaak van die man se dood nie en het gesê ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word om dit te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Simon ·

Vergeet om by te voeg by vorige bydrae.
Dit is die verloop van die lewe dat iemand op n dag sal sterf. Miskien was dit so n dag in die berig.

Pietser ·

Wat maak hierdie berig anders as iemand wat inmekaar sak en doodneerslaan van iets soos ‘n hartaanval op enige ander plek? Dis net vir my vreemd dat hierdie storie die koerant haal.

Simon ·

Ek het as n eertydse fabrieksingenieur, n uitvoerig beredeneerde mening gegee oor redes waaronder iemand in n fabriek in n ongeval kan sterf en wat daartoe aanleiding kan gee.
Ek het n opvolg kommentaar geskryf wat wel hier verskyn maar nie die kommentaar waarna dit verwys nie.

Maria ·

Ek stem heelhartig met jou saam Pietser. Wrede moorde en aanvalle op ons boerevolk is mos nie nuuswaardig nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.