Man sterf in Winklespruit-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is dood nadat sy motor die pad verlaat het en deur ʼn heining gebars het in Winklespruit, KwaZulu-Natal.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, het gesê die man het glo beheer verloor oor sy motor voor dit deur ʼn heining gebars het een teen ʼn boom tot stilstand gekom het.

Volgens Botha was die man steeds in sy motor met paramedici se aankoms op die toneel. Hy was reeds dood.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dirk Hall ·

Die berig dui op ‘n byna onmoontlike. ʼn Man is dood nadat sy motor die pad verlaat het en deur ʼn heining gebars het…

Was dit een van Google se bestuurderlose voertuie? Daar moes ‘n bestuurder gewees het was ‘n vorm van beheer oor die voertuig gehad het. Vir die voertuig om deur die muur te bars moes dit deur die bestuurder gewil gewees het of hy het ‘n hartaanval gekry of alternatiewelik moes hy beheer oor die voertuig verloor het waarna dit deur die muur gebars het of meganies onklaar geraak het wat tot gevolg gehad het dat die bestuurder beheer verloor het. Die motor kan nie op sy eie deur die muur gaan bars nie.

Nic ·

Ek was Saterdag oggend by n’ plek in Winklespruit om nuwe bande aan my voertuig te laat sit. Die jong man het by dieselfde plek n extra groot uitlaat laat aansit. Ons het gehoor hoe jaag hy daar weg om natuurlik die brullende uitlaat te toets. Omtrent 100 meter verder het hy beheer verloor en teen n boom gebots. Hy het nie sy veiligheidsgordel gedra nie, ek vermoed sy nek het gebreek. Dit was n nuttelose vermorsing van lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.