Man sterf kort ná hy glo 73-jarige oorval, beroof

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Vermeende rower is dood toe ʼn skietgeveg tussen hom en beamptes van ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy uitgebreek het oomblikke nadat hy glo ʼn 73-jarige vrou van KwaZulu-Natal in haar huis oorrompel en beroof het.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het Dinsdag omstreeks 02:30 in Salt Rock, noord van Ballito, plaasgevind.

Volgens Zwane het die vrou geslaap toe ʼn gewapende rower toegang tot haar huis verkry en haar aangeval het.

“Die vrou is na bewering met ʼn haelgeweer gedreig voordat sy beroof is van haar selfoon, kontant en ander items,” sê Zwane.

Die rower het kort hierna op die vlug geslaan, waarna die vrou ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy na die toneel ontbied het. Lede van die maatskappy het onmiddellik gereageer en die man naby die toneel gewaar.

“ʼn Skietgeveg het tussen beamptes van die maatskappy en die verdagte ontstaan toe veiligheidswagte hom probeer vastrek het. Die skietery het tot die dood van die verdagte gelei. Die polisie het beslag gelê op ʼn ongelisensieerde haelgeweer, glo dieselfde geweer waarmee hy die 73-jarige vrou na bewering oorrompel en beroof het.”

Zwane sê daar word vermoed dat dié haelgeweer tydens ʼn onverwante huisroof in Mei vanjaar gesteel is. Die polisie se voorlopige ondersoek het vasgestel dat die verdagte glo bejaardes in die provinsie geteiken het aangesien hy vermoedelik met talle soortgelyke sake verbind kan word.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. ʼn Saak van gewapende roof word ook ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lions ·

Baie dankie vir die sekuriteitsmaatskappy se spoedige optrede. ‘Crime does not pay’

Piet ·

Ek dink liberaal praat van die NP en die DP, dan praat Mamma seker van die KP. Hulle is nou almal in hulle moses. Al wat oorbly is die wat beginsels het en die wat nie beginsels het nie (wat graag ook beweer dat hulle het).

Jan ·

Hopenlik sal daar nie weer moordklag
ook oopgemaak word nie…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.