Man sterf langs vrou ná aanval op Pta-kleinhoewe

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Man is Donderdag langs sy vrou op hul bed dood nadat hy tydens ʼn kleinhoewe-aanval in Kameeldrift-Wes geskiet is.

Nicky Harmse (61) en sy 56-jarige vrou, sy dogter Bianca (31) en haar vyfjarige seun het geslaap toe vyf mans die deur van die huis vermoedelik met ʼn skroewedraaier oopgebreek het. “Ek het [net na middernag] wakker geword toe een van hulle sy hand oor my mond druk en sê ek moet stilbly,” het Bianca gesê.

Sy het gesê daar was vyf aanvallers in die huis en twee van hulle het ʼn vuurwapen by hulle gehad. ʼn Derde aanvaller het ʼn groot skroewedraaier in sy hand gehad.

“Hulle het my selfoonlaaier se kabel gebruik om my arms mee vas te maak en het heeltyd oor en oor gevra vir kontant. Ek het vir my pa geskree om hulp en hy het wakker geword en na sy kamerdeur gehardloop. Een van hulle het twee skote in my pa se rigting afgevuur en een het hom in sy linkerbors getref. Ek het net gehoor hoe my pa sê, ‘No man, why?’. Toe het hy teruggestrompel en langs my ma op die bed neergeval. Sy het hom hoor roggel en hy is langs haar dood.”

Volgens Bianca het die aanvallers haar ma uit die hoofslaapkamer en in Bianca se kamer ingedwing. Bianca se seun het deur die hele voorval in die bed bly lê. Sy sê sy het voor haar kind op die bed gaan sit om hom te beskerm sou die rowers hom iets wou aandoen.

“Hulle het my ma se hande met ʼn Playstation-kabel vasgebind en vir ons gesê om stil te bly. Daarna is hulle by die kamer uit en het die deur agter hulle toegetrek. Ons het gehoor hoe hulle in die huis beweeg, toe ʼn slag soos iets wat val en toe was dit stil.”

Sy het gesê nadat dit stil geword het, het haar seuntjie opgestaan en ʼn skêr gekry om die kabels om hul hande los te sny. Die drie het daarna in hul voertuig gespring en na die bure gejaag om hulp te ontbied.

Paramedici is dadelik na die toneel ontbied, maar het by hul aankoms Nicky dood verklaar. Volgens Bianca was die polisie binne 15 minute op die toneel en het hulle honde gebruik om die aanvallers se spore te volg, maar hulle het later die spoor verloor.

“Hulle het alles gesteel. Selfone, rekenaartablette, skootrekenaars, alles,” het sy gesê. “Dit het so lank gevoel, maar hulle was in en uit binne omtrent 15 minute. Ek onthou nog toe die een my pa geskiet het, het sy makker vir hom gesê, ‘No, I told you to shoot him in the leg’. En nou is my pa dood.”

Bianca het gesê sy en haar ma sal tydelik by haar sussie in Centurion gaan woon aangesien hulle nie kans sien om terug te gaan na die huis waar haar pa gesterf het nie. “My pa werk in Pretoria. Ons het eers in September hierheen getrek. Ons bly skaars vyf maande hier en toe gebeur dit.”

Jan Nel, voorsitter van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het aan Maroela Media gesê die kleinhoewes in die gebied is ʼn teiken vir gewapende rowers en misdaad het kommerwekkende afmetings aangeneem.

Kapt. Augustinah Selepe, woordvoerder van die polisie, het gesê sake van huisroof en moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Reenboogland ·

Nog twee bejaarde blankes deur swart mans vermoor, maar die BUITELAND bly tjoepstil, so ook die DA en EFF en ANC .. om nie van die ander KERMKOUSE te praat wat altyd oor rassisme op Faceboek en apartheid ‘n eiertjie te le het nie .. HOEVEEL blankes moet nog aangeval word? Wanneer gaan dit stop? NOOIT NIE!!! Uitwissing is deel van die plan vir die ‘reenboognasie’, uiteindelik gaan die reenboog net uit EEN kleur bestaan . behoede julle dan vir daardie FAKSIEGEVEGTE!!

aloys ·

Die buiteland gaan nie help nie , vergeet dit . Ook op die ANC of EEF kan die blankes nie staat maak nie. So lank dit nie onderken word nie gaan die rassistiese moorde voort. Die blankes op kleinhoewes en boerderye sal hulle beter moet beskerm. Sinds 1994 is daar min lering getrek uit die groot getal moorde op die blankes. Dit neem net toe.

Chris Ws ·

On innige meegevoel aan Mnr.Harmse se naasbestaandes.Dis so tragies , onnodig en ongevraagd.
‘n Klein hondjie binne die huis sou beslis betyds alarm gemaak VOOR die terroriste kon inbreek het en ‘n midband radio waarmee hulp vinnig ontbied kan word is ‘n vereiste as mens op ENIGE kleinhoewe of plaas bly.

Varkie ·

Honde werk nie altyd nie.. vriende was in hul slaap kamer oorrompel deur rowers met die hond wat saam op die bed geslap het en niks gehoor het nie.

Liezl ·

ASSEBLIEF MENSE….HAAL VANDAG R50,000.00 UIT EN SIT VIR JULLE ALARMS EN KAMERAS EN DIEFWERING OP. Ek bedoel buite alarm, binne alarm, diefwering veiligheidshekke ensovoorts ensovoorts. …. ASB ASB. Ek weet dis baie geld, maar daar is ‘n bietjie gemoedsrus en geld is ook nie als nie. ONS LEWE IS VEEL MEER WERD. Dit kan nie so aangaan nie.

Cherokee ·

Én Liezl, ‘n traliedeur in die gang wat na die kamerdeur lei. ‘n Traliedeur binne die huis met ‘n keffertjie agter daardie deur. En doen die moeite wat nodig is om skietgoed aan te skaf.

Theresa B ·

Kom soek hulle maar in Mamelodi…………………………

Margaret ·

So so hartseer en so onnodig ?. Wanneer gaan dit begin om ook uit gesaai te word? Ons plaas moorde en aanvalle op oumense, my innige simpatie aan di familie mag God julle omring met troos ??

Elizabeth C ·

Dit is tragies! Maak mens bang om te gaan slaap want hulle kom in sonder ‘n geluid en maak jou dood in jou eie bed. Simpatie met die naasbestaandes :”(

rochelle ·

al wat ek wil weet is hoekom haal hierdie goed nooit die nuus vir almal om te sien nie hoekom word dit NET op fb geplaas di blankes word vermoor een vir een en al wie da van weet is ons blankes dis tyd dat sulke goed ook nuus haal sodat almal kan sien wat gebeur…. dit is nie regverdig dat as n blanke moordpleeg dit di nuus haal ni mar di res word stil gehou

Chris Ws ·

rochelle dis hoe die anc werk.’n Moord op ‘n blanke in die land tel niks by hulle nie die’ wat hulle dit van tv nuus af hou en die hoofstroom media is so diep in die anc regime se agterwereld ingekruip net hul voetsole is sigbaar.

Gatvol ·

En so sit en wonder ons wie volgende is. Dit maak mens so bitter om elke dag sulke goed te lees. Maar dat dit nou net omgedraai was dan het hulle die klomp nou al gevang.

olie ·

Skrik wakker…….genoeg is genoeg Mr die President. God help ons asseblief

Delta Mike ·

Stem 100% saam met jou Mike, geloof het niks met misdaad te maak nie, gereedheid, paraatheid vir n situasie wel.

Delta Mike ·

olie, God sal ons slegs help wanneer ons besluit om self op te staan in Sy Almagtige Naam en die stryd te voer, geen wonderwerk of Engel gaan gaan vir ons opstaan nie.

Chris Ws ·

Delta Mike ,ek verskil ietwat van jou.Jy het duidelik nog nie ‘n wonderwerk sien gebeur in jou leeftyd nie.Jy onderskat die krag van Elohim ons Vader heeltemal.En glo my wonderwerke vind elke dag in ons land plaas sonder dat mense “self opstaan”.Dit vind plaas deur net te bid en te vra EN te GLO!Ek praat van persoonlike ondervinding .

PvZ ·

Ek kry so rukkie terug ‘n video van ‘n massa teregstelling iewers bo in Afrika. As ek moet raai, sou ek sê dit is êrens bo in Nigerie. Daar was ‘n groep swart mans, met AK- 47’s and pangas’ wat ‘n ander groep swart mans so een vir een keel afsny. As die keel klaar afgesny is, dan word die dooie liggaam in ‘n vlak graf gegooi. Opvallend dat nie een van die slagoffers terug baklei het nie. Hulle het regtig soos ‘n klomp slagskape een vir een gaan sit sodat hulle kele afgesny kon word. Een van die mense op die groep wat ook die video gesien het was: “Ek sal nie net so stil sit dat iemand my keel afsny nie.” Die ander voorbeeld wat soos hierdie is, is van ‘n groep Nederlandse Jode wat per trein vervoer was na hulle einde in ‘n Nazi konsentrasie kamp. Ek het ‘n dokumentêr gekyk. Terwyl die tannies van die trein afgeklim het, het hulle nog vir die soldate fooitjies gegee wat hulle tasse gedra het. Die historikus wat gepraat het, het gesê dat selfs terwyl die mense na hulle dood gegaan het, was hulle nogsteeds onder die indruk dat dinge nie so erg is nie. Hoe gaan die geskiedenis ons “judge”. Gaan hulle ook hulle hande saamslaan in verwondering en sê:”kon die mense nie dit gesien kom het nie….?”

Dan ·

PvZ, jy vra ‘n legitieme vraag. Die antwoord daarop sal positief (ja) moet wees, want die mense is soos volstruise wat se koppe in die sand begrawe is. Hulle sien niks en weier ook om iets te sien. En naief! Daar is mense op hierdie forums wat glo dat wanneer hul bv. kommentaar pos oor Julius, hy dit sit en lees en hom daaraan gaan steur. Ander smeek dat Hofmeyr, Sinterklaas of Casper de Vries President moet word. Meeste liberaliste glo steeds dat die utopia wat in ’92 beloof is nog aan die kom is. Die skapies soek op menslike vlak oplossings terwyl die enigste oplossing is om soos een man na God terug te keer…. maar dis moeilik, die geldjies wat sulke mooi dinge kan koop en al die plesiere is darem net te lekker. Hulle sal eerder so voor die televisie op die Lazy boy uitgedra word.

toy ·

Hul het geen toestemming gehad om in daardie onskuldige mense se huis te gaan en so wreed te wees nie. Die trauma waardeer hulle nou gaan is onbeskryflik. My hart gaan uit vir julle.

Justice ·

Die Kameeldrift en Muldersdrift kleinhoewes moet by verre van die gevaarlikste plekke in Suid Afrika wees om te woon.

ella ·

Die buitelandse beurt kom – veral in Europa. Hulle gaan dan hierheen vlug – dit staan so geskryf in Siener se boeke. Hy het dit in 1916-1918 geskryf. Daar gaan ‘n swart kleur van die weste van Afrika na Europa beweeg – Hulle is so baie jy sien net swart en die Europieers gaan Namibia en Suid-Afrika toe kom. Namibia gaan weer Duits word. Die Duitsers gaan ons dan weer help – maar ons is nog nie daar nie. Die libs gaan saam vlug oorsee – baie uit die Durbanse hawe uit. Die Duisers gaan by Luderitz inkom.

Johan Likkewaan ·

Ek onthou sy skrifte, beslis, eers die geelmens teen die swart, dan hulle vlug na India, daarna ons blankes se stryd voor die grootmoondhede in beweeg. Verstaan ek reg?

Sarel ·

Mense ditn.is nie nodig om radios te koop nie laai net die app ZELLO op jou foon wat van jou foon n 2 rigtlng radio maak en stig n kanaal vir jou buurt,plotte en sorg dat almal daarop isselfs jou huis familie.
Almal kan saam praat of net 2 pesone op n slag.
Indien jy hulp verlang kontak my op 0828769762

Johann ·

En ‘n ou tannie word gevang oor daggaplante in haartuin. Ons word uitgemoor en ons doen niks. Ons staan nie saam nie. Dit is tyd dat ons handevat en saamstaan.

John ·

Daar was ook gisteraand ‘n gesin van 3 (2 dogters en die pa) aangeval in muldersdrift. 5 mans het hulle oorval, met bakstene geslaan en uiteindelik gevlug met R20.

Cheryl ·

Weet jy wat… Ai tog hoe kan jy sé bid help nie meer nie? Bid jy ooit want as jy opreg en uit jou hart bid sal God jou gebede hoor so eintlik sé dit was jy sé: bid help nie meer nie jy as mens twyfel in ons ALMAGTIGE GOD sies vir jou hoor!!! Toe ons land so droog was het hoeveel mense hande gevat en saam gebid en God het so te sé reén oor die hele suid afrika gestuur. So hoekom sal God nie ons land red as ons as nasie saam hande vat en bid nie nee man jy kan nie vir iemand sé bid help nie meer nie.

Cherokee ·

Suid Afrika is bankrot. Ons kan maar die winkel toemaak en elders weer begin.

Tristan ·

Ai ou Niekie. Dit was n skok om vanoggend by die kantoor in te stap en die nuus te hoor.

Baie dankie vir alles wat ek by jou kon leer. Jy was altyd beskikbaar en bereid om te help met raad, en het nie graag jou kennis gedeel. As dit nie vir jou kennis en ondervinding was nie sou ons projek n ramp gewees het. Ek, Christopher en Kobus sal die projek tot die beste van ons vermoee voltooi.

Ons het vandag weer lekker gelag oor jou “whatever” insident…

Groete my vriend, on gesels more weer oor ‘n koppie koffie…

Nixon ·

Is jammer om so van n vriend en kollega afskeid te neem. Iemand se Man, se Pa, se Oupa so van hulle af weggeruk. Sterkte vir die familie wat hierdeur geraak is… ? ?

Nadine ·

Ons het saam Nicky gewerk in die Kaap. Hy is n baie intelligente man en baie deeglik in sy werk. Baie talentvolle man, hy sal altyd onthou word deur ons! Rus in vrede Nicky… Ons gebede gaan uit vir jou gesin in die moeilike tyd!

Jaco Strauss ·

“Sou die rowers hom iets aandoen”??? ‘n “rower” roof; ‘n MOORDENAAR moor. Gebruik asb die regte woorde vir die regte konsepte

Johannes Meintjes ·

Die aanslag teen blankes in SA, en die politieke partye se aansporing of apatie daaromtrent is tog nou al wel bewese. Ons sal die situasie van Burgerlike Beskerming in SA weereens moet hersien. Om die groot oud-weermag en SAP kundigheid wat nog in SA bestaan net op armlengte te probeer hou omdat ons mense identiteitloos en perspektiefloos gebreinspoel is, stuif nie die GPF, SAPD en Super-Forum se flou praatjies en paai-pogings nie. Die vrugte is tog in die bewyse. Die beywse is dat ons eie mense daagliks nog aangerand, beroof en vermoor word. Sou ons dan werklik ernstig wou wees oor Burgerlike Beskerming in SA gaan ons daadwerklik meer voorkomend en samewerkend in verantwoordelike selfbestuur en rentmeesterskap moet optree, so voer ek as bekommerde oud SAW lid en inspraakmaker vir toegerusde Buurt en Plaaswagte in SA aan.

Therese van Schalkwyk ·

Johannes Meintjes

Die heel eerste stap/probleem wat oorkom moet word, is dat alle lede van hiérdie bedreigde minderheidsgroep ten minste moet saamstem oor wat aan die gang is in SA. Niemand wat ek ken in SA is vreeslik bekommerd nie. Gereeld word kommentare gelees, ook hier op Maroela, dat “nie slegs witmense deurloop onder misdaad nie, maar alle Suid-Afrikaners”. Hoewel die waarheid, is dit soos ons weet ‘n totale wanvoorstelling van die stand van sake.

Totdat almal uit dieselfde mond praat oor die stelselmatige uitwissing van die 9% SA blankes word tevergeefs gehoop op enige vordering of buitelandse ingryping. Webwerwe soos hierdie dien bloot as uitlaatklep vir frustrasies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.