ʼn Man is in Limpopo dood in ʼn fratsongeluk met ʼn kettingsaag.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Donderdag in ʼn plantasie langs die R71 buite Tzaneen plaasgevind.
“Die man was vermoedelik besig om ʼn boom met die kettingsaag te saag toe die stuk gereedskap uit sy hand gegly en dit sy bolyf getref het,” het Meiring gesê.
Paramedici van ER24 is na die toneel ontbied en het die man onder ʼn boom aangetref, omring deur sy kollegas.
“Daar was ʼn groot wond aan sy nek en bors. Ongelukkig was hy reeds dood en kon daar niks vir hom gedoen word nie,” het hy gesê.
Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die Limpopo-polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Langenhoven het gesê: as die engel my eendag kom haal moet hy my aanbring met die boodskap. Ek het hom by sy werk gekry.
Baie tragies. Sterkte vir sy familie. Ek stem saam met C.J.Langenhoven.
Hy jet alles vir sy werk geoffer
Ai Buitestander, Ai. Wat gaan dit nou aan die saak verander. Jy moet die res van jou dag soooo geniet.
al het jy opleiding in die hoogste graad. Dit kan teeds gebeur. Dis hartseer want hierdie man het gewerk vir hom en sy gesin. Hy het nie universireite gebrand nie. Daar sal vir hom seker niks gestig word ter nagedagtes nie want hy is nie n student wat good gery is nie.