Man sterf met kettingsaag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in Limpopo dood in ʼn fratsongeluk met ʼn kettingsaag.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Donderdag in ʼn plantasie langs die R71 buite Tzaneen plaasgevind.

“Die man was vermoedelik besig om ʼn boom met die kettingsaag te saag toe die stuk gereedskap uit sy hand gegly en dit sy bolyf getref het,” het Meiring gesê.

Paramedici van ER24 is na die toneel ontbied en het die man onder ʼn boom aangetref, omring deur sy kollegas.

“Daar was ʼn groot wond aan sy nek en bors. Ongelukkig was hy reeds dood en kon daar niks vir hom gedoen word nie,” het hy gesê.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die Limpopo-polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Daan Erasmus ·

Langenhoven het gesê: as die engel my eendag kom haal moet hy my aanbring met die boodskap. Ek het hom by sy werk gekry.

Buitestander ·

Was die man opgelei om met die kraggereedskap te werk?

Manie ·

Baie tragies. Sterkte vir sy familie. Ek stem saam met C.J.Langenhoven.

Doempie ·

Ai Buitestander, Ai. Wat gaan dit nou aan die saak verander. Jy moet die res van jou dag soooo geniet.

Beesblaas ·

Dit gebeur so vinnig, dit is nie eers snaaks nie. Ek het amper my eie broer se dood veroorsaak met n kettang saag. Gelukig was die snye nie diep nie, maar baie snye oor sy hele voor arm. En ja ons was versigtig, dit is hoekom dit n ongelik genoem word.

Hendrik ·

al het jy opleiding in die hoogste graad. Dit kan teeds gebeur. Dis hartseer want hierdie man het gewerk vir hom en sy gesin. Hy het nie universireite gebrand nie. Daar sal vir hom seker niks gestig word ter nagedagtes nie want hy is nie n student wat good gery is nie.

Nico ·

Ek is baie skrikkerig vir ‘n kettingsaag. Baie handig om vinnig als te saag. Maar as hy jou vang is dit doodsake of baie operasies en fisioterapie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.