ʼn Motor het Saterdagmiddag in die Vrystaat uitgebrand nadat dit ʼn voetganger getref het.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 13:30 op die R74 (QwaQwa)-pad, tussen Harrismith en Bergville, plaasgevind.
“Dit lyk asof ʼn man oor die pad gehardloop het en voor ʼn aankomende voertuig beland het. Die motor het met die trefslag aan die brand geslaan,” het Botha gesê.
Volgens Botha kon die insittendes betyds uitkom en hulle is ongedeerd. Die voetganger is egter op die toneel dood voordat paramedici opgedaag het.
Is dit n ford ?
Dit lyk soos ‘n Ford Figo, maar die kar was in ‘n ongeluk betrokke en baie voertuie raak so aan die brand.
Kam iemand asb vir ons verduidelik hoe slaan motors deesdae aan die brand as dit by n botsing betrokke is? Wat het die brand veroorsaak dit sal baie interresant wees as iemand dit vir ons kan verduidelik asseblief.
Met ‘n battery wat voor onder die enjinkap sit naby aan die petroltoevoer na die enjin kan baie maklik met impak ‘n kortsluiting veroorsaak word by die battery waardeur ‘n vonk ontstaan wat dan die vuur veroorsaak.
Lekkasie van brandstof en ‘n vonk of kooltjie van ‘n sigaret = vuur.
As dit n ford was en die ongeluk het in Brandford in die Vrystaat gebeur iz dit maklik om te verduidelik ford het vryheid van die dorp gekry om te brand net wanneer hy wil
N grap is veronderstel om snaaks te wees. Daar is iemand dood.
net dom mense sal wat alweer ford skuld gee.by ons kompleks daar al n audi amper nuut aan die brand geslaan van net ry
Moontlik . Net dat jy weet nog al die jare sit n kar se battery voor en daar was nooit brande tydens ongelukke nie, maar vandat alle motors en bakkies uit 90% plasties aan die voorkant en ook met nuwe generasie elektronika toegerus is word brande veroorsaak tydens ongelukke.
cor, ek dink jy slaan die spyker op die kop. koos hierbo, jou Brandfort “grappie” is om die minste te se in swak smaak en allermins snaaks. Verder stel ek voor dat raakgeryde voetgangers ook nou, soos ek verstaan in Windhoek gaan gebeur, vir alkohol getoets word.