Man sterf ná 6 honde hom aanval

Argieffoto

Die man wat deur ses honde by ʼn huis in Ruimsig, Roodepoort, aangeval is, het aan sy beserings beswyk.

Kapt. Balan Muthan, woordvoerder van die polisie, het bevestig die slagoffer het kort ná Woensdagmiddag se voorval in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Volgens Muthan het die man die afgelope drie jaar as tuinier vir die eienaar van die huis gewerk.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) wat Roodepoort en Krugersdorp bedien, het intussen bevestig die man is deur ses Amerikaanse veghonde (pit bull terriers) aangeval. Die eienaar het vier van die honde intussen aan die DBV oorgegee. Die ander twee honde behoort glo aan iemand anders en die DBV stel in dié verband ondersoek in.

Maroela Media het vroeër berig paramedici is omstreeks 12:00 na die toneel ontbied waar ʼn man, in sy 30’s, in die tuin van die woning gelê het. Paramedici kon egter nie tot by die man kom om hom te help nie.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is die plaaslike owerhede en die DBV se hulp ingeroep om die honde van die man weg te lok.

Die DBV het gesê sy inspekteurs het met hul aankoms gesien hoe die man verskeur word. “Die hek na die woning is onmiddellik verwyder en ons inspekteurs het ingery en die honde verjaag met hul voertuie se sirenes en toeters.”

Volgens die DBV het twee van sy inspekteurs uit hul voertuie gespring en die gewonde man in een van hulle se voertuig gelaai. “Die honde het aanhou terugkom en op die inspekteurs en die kritiek beseerde man afgestorm. Ons derde inspekteur het sy hande vol gehad om die honde te probeer weghou.”

Die DBV het gesê dit gaan sy verstand te bowe dat mense steeds ʼn trop honde sal aanhou van rasse wat neig om aggressief te wees en nie opgelei is nie. “Dit is nie die eerste of die laaste oproep wat ons sal ontvang van eienaars of gesinne wat deur hul eie honde verskeur word nie.”

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

108 Kommentare

Alida ·

Jy moet sulke honde he vandag voel jammer vir die man en sy gesin maar hulle het net hulle teritory beskerm

Susan ·

Almal het die verskoning dat hulle hierdie aggressiewe honde aanhou om hul teen misdadigers te beskerm, maar ek sien bitter min artikels oor Pitbulls of Boerboelle wat skelms doodbyt. Dis meestal onskuldige mense en kinders wat doodgebyt word. As ‘n rower wil roof, sal die hond hom nie stop nie, hulle gooi net ‘n gifsteak. Hoeveel onskuldige mense moet nog doodgebyt word voor daar regulasies ingestel word oor die aanhou van hierdie honde rasse?

beskerming ·

Geen hond gaan net een dag besluit om iemand aan te val nie? al is hy nie opgelei ni, hy was die tuinier sogenaamd gewoond, die tuinier het iets gedoen, as dit nie dag vaan aanval was nie? was dit erens!!!!

Dries du Toit ·

Ai tog daar kom dit nou dit was Pitt-Bulls. As dit nie die duisendste bewys is dat die goed net n tragedie is wat wag om te gebeur dan weet ek waaragtig nie. Mense is nie net dom astrant om hulle kinders by die diere toe te laat nie maar uiters uiters onverantwoordelik. Ek het menige Pitt-Bull eienaars al gewaarsku en uiteindelik moes ek hartverskeurend die mees aaklige woorde sê. “I told you so”

Elsa ·

Ek stem nie saam met jou nie, Dries. Ons pit bull het my dogter met sy lewe opgepas. Sy het in sy arm geslaap om jou net n idee te gee. Luister mooi: dis hoe jy die honde grootmaak. En hul sal jou in laat in die erf, maar jou nie toelaat om uit te gaan nie. So doen eers huiswerk oor hulle, nie net “luister” na ander se praatjies.

Lienki ·

Baie vreemde, ek het my pittbulls al 5 jaar, my honde het nog nooit na my kant toe geknor of enige teen van agressie teenoor my gewys nie, teenoor vreemde mense Ja!
FIY n spaniel hond het n gat in my Wang gebyt en die dame Wie se spaniel dit was het haar ook gegryp al, so weet ek van jack Russell’s en ander Kleiner rasse wat ook AL mense aangeval het.
Maar jy Sal nooit van dit lees jy Sal net hoor Daarvan as dit n pittbulls is.

Mense vat hierdie ras ligtelik op en dit is nie hond wat enige persoon sommer net moet vat, hulle het spesiale behandeling nodig, dis honde wat bitter Baie liefde en aandag kort en ongelukkig is dit ook n Baie jaloerse ras.
So voor jy iets negatief te se het maak seker jy Ken die ras persoonlikheid en hol nie net agter allerhande simpel stories aan nie.

Dawie ·

4 pitbulle wat die eienaar s’n was en 2 wat daar gekuier het? Ons wil graag oorspronlike foto’s van daardie 6 honde sien. Ek is 100% seker dat dit geen pitbulle was nie

Duckland ·

Onmiddelik gedog dit was maltese poedels. Jammer dat ek so bevooroordeeld was. Sou nooit vredeliewende pitbulls verdink het nie. Sekerlik eerste keer wat pitbulls ‘n mens byt. Jammer alle poedels.

M R ·

Daai honde is geneig om mense te byt of aan te val, hulle is gevaarlik. Maak nie saak hoe lief jy hulle het, of hoe opgelei die mense dink hulle is nie, hulle kan, en sal draai op jou, dis in hulle geaardheid. Hulle moet heeltemal verban word.

Cee-K ·

MR regtig??? In Engeland word hulle as die “nanny” dog beskou wat kinders letterlik oppas soos nannies! Enige hond of dit ‘n worshond is of ‘n pitbul of enige ander ras sal enige iemand aanval wat nie hoort nie asook as die persoon iets gedoen het om dit te trigger! Ek werk al jare met verskillende ras honde en het al hordes gehad wat ek gered het en ek se jou as jy nie jou feite ken nie moet liewer niks se nie!

Tinus ·

Dawie, dit was seker 6 worshonde. Ek neem aan jy het n pitbull. Wat n tragedie, die DBV weet seker wat se soort honde hier betrokke was. Gaan kyk n bietjie na stats en jy sal wel sien dat Pitbulls en Rottweilers die meeste betrokke is by aanvalle op mense.

Hanna Hoekom ·

Het lank in n Ongevalle Eenheid in n privaat hospitaal in Pta gewerk. Die meeste honde aanvalle was Boerboele (selfs hul eienaars is aangeval) gevolg deur Pitbulls en dan Rottweilers. Geen een van hierdie honderasse word op my erf toegelaat nie. Ek het net te veel verskeurde kinders en volwassenes gesien!

JohanL ·

Tinus en Hanna. Meeste aanvalle waar slagoffers in hospitaal eindig, is inderdaad Pittbulls en Rottweilers. En die rede is eenvoudig – dit is groot honde wat se bytmerke baie eina is.

Volgens ‘n studie deur Centre for Disease Control in VSA, beland ongeveer 800 000 bytgevalle in die hospitaal uit ‘n totaal van 4.7 miljoen bytinsidente per jaar. Die punt is daar is baie meer bytgevalle wat nie so ernstig is nie. En die Chihuahua is die hond wat vir die meeste byte verantwoordelik is (natuurlik met minimale skade).

Suiwer net op byte is dit nie Pittbulls of Rottweiler wat vir meeste bytaanvalle verantwoordelik is nie. Maar wanner hospitalisasie of mediese behandeling in ag geneem word – ja dan is dit so.

Net om so “ander hoek” te gee aan die debat.

Dries du Toit ·

Indien hulle nou n inbreker of moordenaar aangeval het sou die Pitt-Bull eienaars trots gewees het. Maar die feit bly staan die goed kies nie net inbrekers nie. Hulle eie base en veral kinders is die meeste slagoffers. Maar sulke eienaars het gewoonlik die laaste sê. Een van die ergste gevalle wat ek van weet is n buurman se kind wat sy bal oor die muur geskop het en toe oor die muur geklim om hom te gaan haal. Die Pitt-Bull het toe die kind vermink. Die eienaar se reaksie was tipies Pitt-Bull eienaar. “Wat soek daai kind in my yard”

Nettie ·

@Hannah Hoekom – ek het ‘n Rottweiler en TWEE Alsatians, plus ‘n groot Foxy (wie se naam toevallig ook Hannah is). Dis ‘n TROP honde. En ek is die “Alpha” teef van daai trop honde – en hulle weet dit.

J grobler ·

Wat het die man daar gemaak in die tuin …was hy onwettig daar of werk hy daar.

Heksie ·

Uhm, die artikel sê duidelik dat die man al 3 jaar daar gewerk het?!?

Krn ·

..en hy woon op die perseel al vir 3 jaar. Die feit dat daar 2 honde by was wat nie aan die eienaar behoort nie het dalk veroorsaak dat hulle vir “territory” baklei?

Erina ·

Dit kon dalk pit bulls wees, maar ek wil graag weet hoekom daar na hulle as veghonde verwys word, daar is baie ander honde rasse wat ook as veghonde gebruik word. Dit gaan oor hoe jy die honde groot maak, want ek ken baie mense waar my liefdevolle jack russell meer aggresief is as hulle Pit Bulls. Mense moet ophou die honderas self die skuld gee, want dis nature vs nuture, volgende keer as daar mense mekaar vermoor gaan ek ook sê kyk net, mense, dis ingebore by hulle en hulle moet ook uitgesit en verbied word om te lewe. Dis mense se skuld wat hulle so laat optree.

Tracy ·

Ek stem saam dit is maar altyt die honde se skilt en nie die mens nie ek het n pitbull gehaat EN hom met ales en almal vertrou dit is hoe jy na hom kyk en leer

Mamie ·

Duh erina. Dis wat hulle genoem word. Amerikaanse veg honde. Daar is nie juis n afrikaanse woord vir “pit bulls” nie.

rooi ·

wat my verstand te bowe gaan, almal wil kommentaar lewer maar lees nie eers die brerig reg nie. Goeie raad, lees maar eers met insig en begrip

Anoniem ·

Pitboel honde asook Rottweilers – baie gevaarlik en moet verbied word – slegs mense wat opleiding en lisensie het moet hulle mag aanhou.

R ·

Nee. Rottweilers is slim liefdevolle honde. Ek het met hulle grootgeword en sal nie sommer n ander honderas bo hul kies nie. Dit is eienaars wat hierdie honde nie oplei wat hulle so reputasie gee. Rottweilers is familiehonde maar hou hulle kring klein. Agv daarvan is hulle baie beskermend oor hul eienaar. N eenvoudige terg of skop in sy rigting van iemand af wat nie in sy kring is nie sal onthou word. Dit gaan nie oor watse hond jy het nie. Dit gaan oor hoe jy hom behandel en grootmaak

Cobus.panther ·

Het self n Pittbull reun gehad.beter kant van 8 jaar en nog nooit so gehoorsame en slim hond gehad nie…lief vi kinders en vir my en die vrou…. is erg oor sy blyplek en sal dit met alles beskerm…weet ook dat by sekere mense nie kon verdra nie en sal hulle in n groep uitken…en laat weet hy hou nie van hulle nie….jy hou n hond aan on jou plek te beskerm,kom wat wil…

Anni S ·

Ek stem heelhartig saam met jou Cobus. Is self eienaar van ‘n Pitbull, alhoewel ek verskriklik keel opgesit het, toe my man met die hondjie by die huis aangekom het. Hy sal sy laaste bloed vir sy eienaars tap, en is baie intelligent. En dis juis oor ‘n Pitbull se intelligense dat hulle baie liefde en aandag verg, en jy behandel daardie hond met respek.

Ons Pitbull kan bv. nie ons buurman verdra nie. Die rede? Die man is “loud” en daar was al ‘n paar keer huismoles by hulle en die man was die voorbok. So wat doen my Pittie outomaties? Hy vereenselwig die man en sy stem met moeilikheid en gevaar, en wil die hekke afbreek as hy die man net kan sien.

Na my beskeie mening is dit ‘n fout om meer as 1 Pitbull aan te hou. Volgens instik vorm hulle dan ‘n “pack” en dan is daar probleme.

Nettie ·

A-ha!!!!!!!!!!!!! @ Anni S, uiteindelik iemand wat SENSE praat. ‘n Hond assosieer mense met gedrag. en ENIGE, SOOS IN ENIGE hond sal byt as hy/sy geterg/geskop/geslaan/ onder klippe gesteek word. Daai tuinier het dalk, dalk net met die graaf of hark na een van die honde gemik en toe bars alle hel los, want Pittbulls – ja! – is meer geneig tot aggressie, hoewel hulle fantastiese gesinshonde en beskermers is en as die “pack” eers tot ‘n geveg toetree …….. is dit nag vir die “slagoffer”.

En ek het ook ‘n Alsatian wat deur ons bure se kinders geterg en geslaan is. As sy een van daardie kinders net hóór, raak sy heel betotteld …………………….. en met ander mense is sy aggressief as hulle wil naderkom, maar as sy hulle eers leer ken het, is alles OK.

@R – ek is ook eienaar van ‘n Rottweiler; die sagmoedigste ding met haar gesinsmense en selfs ons katte (ja!), maar behoede die een wat op ons erf wil inkom ………………. hy/sy sal minus ‘n broek (of dalk erger) daar uitgaan – ás hy/sy daar uitkom.

Jannie ·

ń Hond word aangehou as ń troeteldier nie as ń iets om iemand te dood nie.
Ek sal graag wil weet wat met genoemde eienaars gebeur, volgens my moet hulle aangekla word van moord aangesien hulle na vele waarskuwings in die media die moontlikheid mors voorsien dat die honde iemand kan aanval en dood.

Oujongvrou ·

Mense weet nie hoe om met honde om te gaan nie. Ek het n tuin werker gekry en na die 2 de keer wat hy daar kom vang ek hom dat hy na my hond skop. Nou ek het 3 honde, as die een hom gaan byt want hys n bedreiging vir die hond gaan die ander 2 ook inspring. So ek gese hy moet loop. Nou sukkel ons maar self.

Koos de Meyer. ·

Die honde moes mos die werker geken het na 3 jaar. Daar is seker van hulle wat saggeaard is, maar ek sal maar by my vark honde bly.

Vraagteken ·

Stem saam Koos, Varkhonde is baie beter en saggeaart. My varkhond het vir die rowers in die huis sy speelding gebring om mee te speel.

pieter ·

ek wil weet hoekom daar altyd n foto van pit bulls opgelaai word en hulle altyd die skuld kry , as hulle opreg is is dit die mees saggeaarde kinders van alle rasse

Diertjie ·

AG regtig mense skree altyd pitbulls is sulke gevaarlike honde. Die probleem is nie die honde nie dis die eienaars as die hond reg grootgemaak en die regte ‘training” gehad het gebeur sulke goed nie. En ja ons her n pitbull. Hy is te dierbaar vir woorde. Gaan doen jul huiswerk voor jul skree: jaaaa alweer n pitbull. ?

Elaine ·

Ek stem saam. Mense is oningelig. Ons het n pitbul en n jack Russell. Die jack Russell is by verre die een wat meer aggresief is.
Die dag wanneer daar regtig moeilikheid is, weet ek dat die pitbul ons met haar lewe sal beskerm en omdat sy groter as die jack Russell is, sal sy natuurlik meer skade kan aanrig.

LD ·

Nog ñ slagoffer wat moes betaal met sy lewe! Daai honde is vieslike goed! Sê maar wat julle wil!

Menseisstupid ·

N Jack Russel het n baba doodgebyt. 2 boksers het hulle eienaar doodgebyt. So kan ek baie rasse koppel aan aanvalle. Al rede hoekom pit bulls so gereeld in die media is, is omdat hulle op die oomblik gewild is. N paar jaar terug toe herders honde gewild was, was daar ook baie aanvalle. Selfde met Rotweilers. En hoe meer mense hulle het hoe meer onverantwoordelike eienaars is daar. Pitbulls was nog nooit so gewild soos nou nie. Educate jouself en gebruik bietjie commin sense. Voor die hele ras oor dieselfse kam geskeer word.

George in Bloem ·

Ek het al ‘n hele paar Boksers oor ‘n tydperk van net oor die 44 jaar gehad en nog nooit gehoor van ‘n enkele geval waar hierdie liefdevolle ras sy eie mense of kinders verskeur het nie. Hy het wel ‘n vegters agtergrond maar ‘n Bokser begin gewoonlik nie die moeilikheid nie maar maak dit gewoonlik klaar want hulle is BAIE sterker en taaier as wat hulle voorkom maar hulle is bitter liefdevol teenoor hulle eie gesin.Ek weet daar is wel gevalle waar Bokser kruising/basterhonde in aanvalle betrokke was maar ek sal graag meer inligting wil he oor die voorval waarna u verwys.’n Rasegte Bokser is ‘n gesinshond wat sy familie met sy lewe sal beskerm. Ek sien dit nou weer met altwee my dogters wat elk twee Boksers het en die honde is mal oor my kleinkinders en selfs my twee wil net met ons kleinkinders speel as hulle kom kuier en hulle is GLAD nie eers kinders gewoond nie want dis net ek en my vrou in die huis en,o na,ons twee Pikanesies ook.En ek betuig by voorbaat my innige simpatie aan die naasbestaandes van enige idioot wat dit durf waag om oor ons heining te spring.Ons twee is baie kwaai met vreemdes “so you can be sure he won’t make it out alive.”

Alida ·

Die eienaar se honde het seer sekerlik die tuinier geken na 3 jaar. Dit is die 2 kuier honde wat die lont aangesteek het ek is seker daarvan want hulle ken nie die man nie. As dit die geval was sou enige ander ras dieselfde gedoen het.

JSG ·

@Alida. Die enigste sinvolle kommentaar sovêr. Mense is oningelig oor honde. Jy kan die rustigste honde hê, maar indien een aanval, volg die res instinktief. Een van die redes hoekom eienaars tot twee honde beperk word. Gebeur selde met twee honde. Ses, waarvan twee vreemd is, nie moeilik om die regte antwoord te kry.

bosluis ·

ka kyk, ek stem. Enigste sinvolle kommentaar. Elke artikel wat geplaas word oor n honde aanval, se kommentaar verander elke liefste keer in n debat tussen die pro- en anti- groep. Dit sal ook nooit verander nie.

Bella ·

Ag asseblief julle het n klok hoor lui en julle het geen idee waar die bel hang nie!! “Pitbulls is so gevaarlik en vieslik” ek het n Pitbull saam n klom Yorkies en almal lewe nog. Mense is die enigste vieslike en gevaarlike goed op aarde, MENSE het Pitbulls die “vegters” gemaak wat hulle glo “is”. MENSE verniel en vergiftig alles. Hou op die breed die skuld gee vir onosel mense se foute. Julle is onkundig, dink julle weet iets omdat julle al stories gehoor het, kry net julle feite agter mekaar voor julle sinnelose kommentaar lewer!! ?

Henk ·

Ek glo nie daai ding van hoe hulle grootgemaak is nie. My pa het ‘n geregistreerde bull terrier (varkhond) gehad, wat hy soos ‘n kind in die huis grootgemaak het. Eendag haak die hond se kop uit en hy byt die ander huis hond se been af en my pa se vinger af wat probeer keer. Die hond was altyd die rustigheid en liefde van self, tot sy opgewondenheid vlak by n sekere vlak verby gaan, self as hy speel, en dan skielik “trip” hy en verander in ‘n monster.

Jo SOAP ·

Mense jy moet kwaai honde hê om jou en jou familie te beskerm teen ongewenste elemente wat helder oordag jou huis kom plunder en kom om om te roof te verkrag en te vermoor.
Hoe kwaaier die honde is hoe beter.

Jan ·

Die munisipale verordeninge bepaal baie duidelik dat jy slegs 2 (twee) honde per erf mag aanhou.

Hoog tyd dit word bietjie toegepas.

JSG ·

Daar is verskeie redes daarvoor. Een is genoeg in my ander kommentaar.

Onnie ·

n Gevaarlike hond is soos n “loaded gun” en enige iets kan skeefloop – daarom los jy nie een van die twee waar mense kan seerkry daarmee nie, jy moet dit altyd onder oog hê of agter slot en grendel. Ek persoonlik verkies om nie n hond aan te hou wat in staat is om iemand dood te byt nie. Dis n baie groot verantwoordelikheid.

Tilo ·

Sakkie, in Engels praat mens van “a pack of dogs”. In Afrikaans, n groep honde.

Anel ·

Altyd die hond se skuld. So jammer hy kan nie praat nie. Dan sou hy dalk gesê het dat die werker hom gereeld af geknou het en dat hy, die hond genoeg gehad het. Toe wou hy hom net les leer en toe kom ander maatjies by met dieselfde doel. Moennie altyd eers die fout by die hond soek nie. Ek weet van menige geval waar die mens self die oorsaak vir sy beserigs is. Hoekom het ons waghonde? As troeteldiere en bewakingsdiere. Hulle pas ons op. Hulle is ons kinders. So, dink 2keer voor die dief die alleenskuld kry. Onthou, hy kan nie vir homself opstaan nie. En as mens mooi gaan navorsing doen na die geval was dit die beseerde, of dit nou ‘n kind of volwassene is, se skuld, 99% van die kere.

Bekommerde ·

Hartseer oor die gebeure – sterkte aan almal betrokke.

Mariaan ·

Hou op opkom vir hierdie wrede honde! N mens se lewe is belangriker…maak nie saak HOE GOED grootgemaak…hul is baie gevaarlik! Mense is laks…tot dit te laat is

♡ Pitbull liefde ·

Wel in Suid Afrika moet jy aggressiewe honde hê om jou te beskerm. Jy kan seker nie verwag ń Yorkie moet jou beskerm nie. Inteendeel weet almal Pitbulls is een van die beste honde om te hê – en pas hulle eiernaars op. Die honde kon wel toegemaak geword het, maar WIE se die tuinier het nie dalk die honde getruiter nie – gaan jy as mens daarvan hou as iemand jou irriteer? NEE, ek glo nie. So hou op altyd vingers wys na die tiepe hond! Pitbulls is veghonde, ja & in SA is dit wat jy kort.

Vraagteken ·

Enige hond is nie daar om jou te beskerm nie. Jy is regtig naïef as jy dink jou hond sal jou teen ‘n vuurwapen beskerm

Michael ·

Alle honde byt moet nie altyd se die pit bul is gevaarlik nie ek ken pitbull hulle is baie nice honde ek het rodweiler gehad. hond sal net byt as jy hom pla honde is daar om jou te beskerem hulle is nie daar vir koffee en koek nie.

willem Botha ·

Volgens statistieke is die pitbull die hond wat meeste lewens vat,die eienaars behoort soos met n vuurwapen n permit te he voor hulle so n hond aanhou.

Ag asb ·

Meeste mense is oningelig oor pitties!!! My pittie beskerm my kinders met alles in haar. Niemand mag hul hande vir my kids lig nie! Weereens moet meeste mense geeducate word, veral die wat so skreeu dit is gevaarlike honde! Ja hul is gevaarlik as jy sy eiendom betree of sy mense seer maak!!!

Leon Pit ·

Leer die eienaar wat pitbulle aanhou maniere want die verantwoordelikheid le my sy eienaar. Leer hom soos enige ander honde ras maniere maar nee hy kty n Pitty en laat hom aan sy eie genade oor. Gee die Eienaar TRONKSTRAF as sy Pitty sondig.

Monique ·

Dis maklik vir al die mense om n honde ras te haat net weens repitasie, my pa se lewe was letterlik gered deur my 2 pitties, en hoekom moes hulle, hul lewe in gevaar sit vir syne,… Omdat hulle ook kan lief wees vir hulle eienaar, en omdat hulle eienaar in gevaar was met man’s wat hom aangeval het by die huis, in teen deel die man op straat doen veel erger as die honde ras wat minder kennis dra van reg en verkeerd, begin die mensdom haat soos die honde ras gehaat word, begin mensdom verbied om kinders te kry sodat Moorde of inbrake nie gepleeg kan word. Ek is baie lief vir my 2 Pitties en vertrou hulle met my lewe.

Doglover ·

Ag Vader tog! Enige iemand met common sense weet dis hoe n hond grootgemaak word. Honde beskerm hul territory en iets moes gebeur het dat hul bedreig gevoel het! My broer het n pittie en dis die liefdevolste hond wat ek ken! My bokkie hond is kwaaier as n pittie. En laastens! Enige hond kan iemand doodbyt! Self n poodle! Arme honde?

Jeremia ·

1) Opleiding, 2) kennis,3a) regulering én b) toepassing daarvan asook 4) gesonde logika behoort die verantwoordelikheid EERSTENS by mense (eienaars en veral voornemende eienaars asook instellings) te plaas. DAARNA eers kan daar dalk vingers rondgeswaai word oor die honderas.

LR ·

En eweskielik is almal n Pit Bull kenner. Afgesien van die feid dat 70% van die mense nog nooit n opregte APBT gesien het nie, en almal enige baster brak deesdae as n Pit Bull klassifiseer.

Stripes ·

Die mense wat nou so verskriklik uitvaar teen “gevaarlike” honde spandeer nie genoeg tyd saam met hulle diere nie. Ek vertrou my honde om my te beskerm en ek het hoë agting vir hul voorgevoel en sintuie. My Rotties het al probeer om my skuifdeure uit te breek as sekere persone, ongeag ras of geslag, by my huis gekom het. Met andere is hulle dood rustig en kon die persone uitgaan tussen hulle sonder probleme. Moet netnie naby my kom of dreigende houding openbaar nie dan sal jy vinnig tande sien.

As ek nou heentemal eerlik mag wees, hoe meer ek met deesdae se mense te doene kry, hoe meer verkies ek die gesêlskap en teenwoordigheid van diere.

Andries ·

LR Ek stem saam met jou – maar ongelukkig is daar mense wat nie hulle honde reg groot maak nie – maar weereens dis nei die honde se skuld nie, maar die eienaar wat verkeerd is – gaan kyk maar bietjie terug – hulle het dieselfde gese van Rotwielers en Doberman’s.
ek het groot geword met alle tipe honde even ridgebacks’s en selfs boer-bulle. Nie een van hierdierasse was ooit teenoor enige familie lid aggresief nie, wel kwaad doeners. en ook sodra jy nie n opregte ras het nie en n verkeerde kruising kry is ook n geval wanner die honde meer agrisief is as wat jy n opregte ras het. Ek het huidiglik n pitbull – en glo my as daar n lieflike hond ooit was wat ek al besit het verbaas hy my elke dag met sy bedagsaamheid en sy betroubaarheid teenoor my 2 seuns.

Hennie ·

Ek stem saam met wat die mense se oor enige hond dat dit die verantwoordelikheid van die eienaar is om jou hond reg te leer en groot te maak om jou te beskerm . Ek het nog al my lewe Chow Chows gehad tot nou toe nog en daar is n paar dinge wat jy nie met hulle moet doen nie soos los sy ore sy stert uit enoet nie enige harde geluid skielik in sy onmiddellike omgewing maak nie dan kan jy moeilikheid kry so die beste is om enige hond te verstaan wat hulle nie van hou nie en wees altyd versigtig hoe jy n hond benader . Maak seker as jy n hond aanhou wat is die doel daarvan jy as eienaar van die hond bly steeds verantwoordelik vir sy dade .

Attie. ·

`Vier honde op een werf kos seker ‘n fortuin om aan die lewe te hou. Ek sou nie daar wou werk nie.

JSG ·

Meer as twee honde bymekaar is moeilikheid soek. Enige ras. Honde jag in groepe en die instink bly in hulle. Een sal iets aanval en die res volg instinktief. Gebeur nie sommer met een of twee bymekaar. Vra enige honde kenner.

Alida ·

Dankie JSG. Sommige mense kan net nie dink nie. Die verhale van die lesers en hul honde is regtig vervelig en elke mens hanteer sy honde op sy eie manier. Die man het vir 3 jaar op die erf gebly saam met die 4 huishonde. Hulle het mekaar geken en verstaan. Toe kom daar twee vreemde honde by wat hom nie ken nie en begin die geveg. Die res is geskiedenis. Die makse en beste hond sal meedoen aan die aanval. So maklik soos dit.

MICKY ·

Asb dis nie die honde nie……. dit hang af van die eienaar af. hul beskerm hul woonplek en mense.
Ek het ook ses en kos nie n fortuin nie en sal nie een van my diere kinders veruil of weg gee nie en dood gerus met hulle wat by my moeder is deur die dag.

VanAfrika ·

My suster en haar gesin het n bul hond en die dierbaarheid vanself. Mens wil net daardie kreukel gesig opeet as jy hom sien. Maar hy haat hulle tuinier met n passie, want hoekom? Hy het hul hond al geskop en met doom gespuit omdat die hond vir hom soos n duiwel lyk. Het hy die hond anders benader sou die hond nie teen hom gedraai het nie. So ek sê dis nie altyd die hond se skuld nie. Ek sal net graag wil weet wat daardie man aan daardie diere gedoen het want hulle was duidelik lus vir hom. n Saak het altyd twee kante. Kinders is ook net so skuldig wat diere tart. Ons het n baksteen hoogte pavement special gehad en sy was die dierbaarheid vanself, tot die skool kinders verby ons huis gekom het en die draad heining geskop het net om haar te tart dan het sy figuurlik in n klein demoon verander. Ons het ook n german shephard op n stadium gehad, die hond het meer mal geword as ons in die swembad was as enige iets anders en wou ons net altyd red. Ons was agt kinders in die huis en altyd honde om ons gehad en nog nooit was enige hond vir ons enige gevaar nie. Ons het ook al n bokser en n rifrug gehad met n hele paar pavement specials en ons was altyd veilig. Ek sê dis nie altyd die dier se skuld nie.

Pitbul Ma ·

MR die selfde geld vir foxies, worsies, german sheppards, rotwilers etc…. enige hond byt as hulle rede gegee word om te byt. die enigste verskil is dat party byt ordentlik. Ek het al ‘n verdomde skoot hond gesien wat meer agressie wys en sommer enige iemand byt as enige ander groot (supposed gevaarlike) hond wat ek al in my lewe tee gekom het….. Ek myself verkies die gevaarliker honde, hulle is meer liefdevol, pas hulle mense op en sal tot die dood baklei om jou te beskerm… Miksien moet jy eerder net so bietjie vra hoekom het daai honde gebyt? Ek sal geld op dit sit dat daar ‘n storie agter die storie is…

Ben ·

Dié wat gevaarlike honde verdedig sê meestal iets soos, “moet net nie….” Dis die probleem. Onskuldige foute word gemaak deur onskuldige mense en in daardie oomblik draai die hond op hulle. Ek is nog nie gebyt nie, maar is al ‘n paar keer gestorm deur honde en amper gebyt. Een keer by ‘n erf ingeloop (oop hek) om iets af te lewer en skielik verras ek en ‘n alsatian mekaar. Ander keer by mense gekuier vir ‘n paar dae. Die staffie was vreedsaam en ek het hom gevryf. Volgende dag val hy my aan toe ek by die deur uitstap. Sy gedrag oor die paar dae was totaal onvoorspelbaar, dán sal hy vrienedelik wees, dán wil hy my verskeur. En nee ek het hom nie getart nie.

Rissiepit ·

Dis vreeslik joh, by ons munisipaliteit in dit ‘n by-law dat jy nie eers meer as 3 honde op jou erf moet aanhou nie. Dalk is die bykomende 2 wat moeilikheid gemaak het, want as hy vir die mense werk behoort die ander 4 hom mos al te ken. Ek wonder maar net.

MW ·

Hoogs intelligent, baie liefdevol – veral die mannetjies. Verg net baie aandag en liefde en nie geterg/getart te word nie. Kan net ‘n plesier wees om hul vir opleiding te vat. Hart is nou nog stukkend oor myne. Was soos ‘n mensie in die huis. Groot gemaak van geboorte tot op 8 weke en moes toe goeie huis soek, erf te klein. Daai ogies mis niks. Sou ook meen een is genoeg op ‘n werf

ek sê maar ·

Dis jammer … ek hoop maar die eienaars staan darem die oorledene se familie by met begrafniskoste ens. Hy was dalk enigste broodwinner. Ek het 5 honde (almal by skuilings gekoop en hul is ons beste vriende) en bly buite die stad dus het ek plek,( 4 ha) genoeg liefde en kan dit bekostig. My diere is egter TROETELdiere.

Vriend van hond ·

‘n Hond is soos ‘n kind. Hoe jy hom grootmaak en oplei bepaal sy optrede. ‘n Hond wat buite slaap kan jy netso wel aan die DBV gee of laat uitsit. Hy beteken niks. “n Hond is soms slimmer as ‘n mens”. ‘n Hond tree op soos ‘n mens afhangende van sy opleiding en sy “grootwordjare”. Gelukkig hou hulle darem nie van Drugs, Sigarette en Drank nie.

Lindtjies ·

Mense het heeltemal die verkeerde siening oor Pitbulls. In meeste van die gevalle is dit ‘n Pitbull of ander tipe kruising wat mense aanval. ‘n Hond wat van klein tyd af liefdevol grootgemaak word sal nie sulke agresiewe nygings toon nie.

Tayne ·

Tipies nou is almal gou om te se dis die hond, dis nie die hond se skuld nie, dis die eienaar se skuld, n hond word groot gemaak deur die eienaar, hond se reaksies bepaal hoe hy/sy groot gemaak word, ja pit bulls en rotweilers kan gevaarlike honde wees maar weereens dis alles oor hoe hulle groot gemaak word, enige hond kan aggresief wees, ekt n Lab wat aggresief is maar hys die liefdevolle bondeltjie wat my lewe is, so ja dit help nie almal se monde is nou groot nie, kyk eerder na jou eie hond voor jy judge

Abel ·

Ek was self 24 jaar terug die slagoffer van 2 pitbulle, niemand sal my niks goeds van hulle kan vertel nie. Ek het ook nog die vorige aand met hulle gespeel, en snaaks genoeg die volgende dag vreet hulle my amper op!!!!!

As daar 2 ander honde saam hulle diere was kan dit seker net jaloesie wees, dit maak redelik sin. Dit is vegter honde, en ja hulle beskerm hulle eienaars en terrein baie goed, maar nee dankie, nooit ooit sal ek een van hulle naby my mense bring nie.

ben ·

As Jannie vir Piet vermoor kan ons dalk sê dat Jannie se ouers hom nie reg groot gemaak het nie, maar dis nog steeds Jannie wat tronk toe moet gaan, en dis selfs moontlik dat sy ouers wonderlik was.

Judge Dredd ·

Waarskynlik nie die eienaar/die tuinwerker of die eienaar se honde se skuld.

Hoe lank werk die tuinwerker nie al daar?
Het julle gelees van die 2 pitbulls van ander eienaar? – En siedaar daar is julle moontlike rede.

riana ·

Is nie net altyd die honde nie. Niemand was daar om te sien of hy hulle nie iets aangedoen het met die graaf of iets vir hulle geskreeu het nie. So hkm is dit altyd net die dier se skuld.

Ben ·

Gegewe, ons weet nie regtig wat gebeur het nie.

Maar, dis gewoonlik die dier se skuld want dis die dier wat besluit het om die mens te vermoor.
As ek op jou skree en jy vermoor my, dan is dit jou skuld.
As ek jou vinger trek en jy vermoor my, dan is dit jou skuld.

Dalk in sekere gevalle met versagtende omstandighede, maar dis nog steeds jou skuld.

Wie anders moet die skuld kry?

Anoniem ·

Dit hang alles af van HOE JY DIE HONDE GROOT MAAK EN LEER. ‘n Hond bly ‘n hond, nes ‘n baba en ‘n kleuter opgevoed moet word, so moet ‘n hond ook geleer en opgelei word, dit bepaal sy GEDRAG. Wees immers logies. Die skuldige hier is eintlik die eienaar. Hy moes verseker het dat die honde toe- of vas gemaak is. Moenie God se skepping so kritiseer nie. Ek voel innig jammer vir die man wat sy lewe verloor het. Ek hoop van harte die honde word verwyder en die eienaar word verantwoordelik gehou. DIS HOE MENS LOGIES REDENEER.

Lia ·

Ai, dis tragies, maar ek stem saam met almal wat sê daar moes ‘n rede daarvoor gewees het. Op die oomblik het ek drie rescues op die plaas waar ek woon. Een is ‘n Pitbull kruising. Lyk nes ‘n Pittie. Sy is die liefdevolste hond wat ek ken. Ek het ook voorheen ‘n Rotweiler gehad en hy was my “gentle old giant”……..liefdevol, spelerig en almal het van hom gehou….totdat inbrekers een aand my traliehek probeer oopmaak het….dit was in ‘n nuwe huis waar ons so pas ingetrek het en ek was agter besig om goed uit te pak…wind het sterk gewaai en gestorm en ek het niks gehoor nie. Die vlgde oomblik het ek hierdie onaardse gegrom gehoor en my rottie het die gordyne opgelig by die venster wat op die hek uitkyk……..my Sharpei het ook saam gestorm. Ek was alleen tuis en het eers die vlgde oggend gesien dat hulle die hek probeer oopbreek het. Ek hethom nie geleer om aan te val nie, maar ‘n hond ken instinktief gevaar vir sy mense en sy plek. As dit nie vir hom wasnie, wat sou daai nag met my gebeur het? Honde is honde en mense is mense. Respekteer jou hondekinders en hul gewoontes as ‘n hond en nie as ‘n mns se gewoontes nie. Ek dink ook die twee vreemde honde kon aanleiding tot die aanval gegee het. Mense moet voorsorg tref in sulke gevalle.

Willie ·

Trop honed is maar altyd gevaarlik… Ek het met minuatuur dobermins geboer… as twee baklei, vat die ander een se part! Dis hoe honed in pakke maak.. As iets hulle aanhits, of een gaan, gaan die res.. Dis moeilik om te bespiegel, maar die 4 honed was van die eienaar, en twee iemand anders sin… die moontlikhede is groot… mens weet nie wat het gelei daartoe… My Pa het met pit boele geboer, eendag to plant sy werkers bome..soos hulle optel maak hulle n optel-skree geluid..ons het ons hande vol gehad met die honde…

Morné ·

Ek het n pit gehad, hy het altyd agter op my bakkie gery met sy sonbrille en het te windgat gelyk! N stewige bulletjie! Mense het graag fotos saam hom geneem en gevryf en nooit ooit was hy agresief nie. Maar as hy by die huis is, is dit n ander hond. Hy beskerm sy familie en sy huis! Jy kom nie tussen n pit en sy familie nie PUNT. Ek respekteer elke mens se keuse oor die soort hond wat hy wil he, my keuse sal altyd n pit wees. Ek soek nie n hond wat net n geraas maak as daar n indringer is nie, maar een wat my kan beskerm en weet hy sal sy lewe opoffer vir my. Jammer om te sê, maar in Suid Afrika het jy so n hond nodig. As n klein hondjie byt is dit vir mense baie snaaks en lag hulle gewoonlik dat die trane loop omdat jy moet bokspring vir so klein hondjie, want daar is nie regtig skade nie. Maar laat n pit byt, oh hel dan is dit die duiwel homself, want sy byt doen baie skade. Wat gebeur het is baie tragies maar ja ek stem saam, daai twee kuier honde kon dalk die probleem gewees het.

Valerie ·

Gevaarlike, dodelike “honde” hoort nie in ‘n samelewing nie. Wat verstaan die eienaars van sulke honde nie?

Morné ·

Net so behoort gevarlike dodelike mense ook nie in die samelewing nie! Ons het sulke honde om ons te beskerm teen sulke mense.

Valerie ·

n Hond beskerm sy terein, gebied, jy as mens plaas die hond daar om sy omgewing te eien en te beskerm.. Maar met dit saam, moet mens maar maatreels toepas… net soos n mens n slegte dag het, so het enige dier ook maar n af dag… Ek het ook al gesien dat werkers te gemaklik raak met die diere.. dink hulle kan op diere skree of tugtig… dis nie hulle plek om dit te doen nie..

Antjie ·

Ons het ook n pitbull. Ek wou ook nie eers instem om een te hê nie omdat ek bang is vir hulle oor hulle aggresiewe honde is. MAAR toe kry my seun die hond en hy die liefdevolste, dierbare kind in ons huis. Hy val nie eens ons kuiergaste aan nie, hy sal hulle ruik en n rukkie daarna wil hy saam gesels. hy is baie rustig.

Dit kom als neer op hoe jy so hond grootmaak.

Sunelia ·

die hartseer is dat die honde nou die “baddies”is en tien teen een uitgesit gaan word, ek se altyd geen dier sal sommer net aanval en byt – as daar ondersoek gedoen word was daar altyd iets wat dit getrigger het. n rewolwer skiet nie vanself nie iemand moet die sneller trek

Sunelia ·

die hartseer is dat die honde altyd die “baddies” en gaan 10 teen 1 uitgesit word. Geen hond sal net sommer aanval en byt nie – as dit mooi ondersoek word is daar altyd ites / iemand wat dit trigger. ‘n rewolwer skiet nie vanself nie iemand moet die sneller trek…

Lerato ·

Enige hond van enige ras is in staat en sal soms aanval. Die probleem met American Pitboel terriers, is dat hulle so geweldig sterk is en moeilik is om te beheer sou hulle aanval.

Pro Pittie ·

Ek hou my pitbull eenkant as ek die dag hulp kry vir my tuin, vir die blote feit dat die hulp moet dink hy is gevaarlik.
Die waarheid egter is dat hy die stomme hulp sal sopnat lek. Hy is nou 2 jaar en het Maandag vir die 1ste keer geblaf vir die ouens wat plastiek bymekaar maak uit die swart sakke. Moet ook byvoeg, die Jack Russels het 1ste geblaf.

barend v d westhuizen ·

eerste moet gevra word wat het die man daar gesoek moet hy daar die dag daar gewerk het en suid afrika is n misdaat land jy moet groot en gevaarlike honde he maar hulle moet behoorlik op gely wees en dit hang ook af hoe en wie hulle op lie dit maklik om te se dit is gevaarlike honde daar is baie hond e wat kliener is wat net so gevaarlik is en moet nie katte weg laat nie en die gevaarlikese van alles is die mense self

Tayne ·

Vir wat??? DIS NIE NET PITT BULLS WAT GEVAARLIK IS NIE, ENIGE HOND KAN GEVAARLIK WEES!! MOENIE NET PIT BULLS ONDER EEN KAMP SKEER NIE

Wessel ·

Dit is maar net n tragiese voorval wat gebeur het maar sulke ongelukkedat honde hul eienaars en ander mense doodbyt sal altyd gebeur want diere is onvoorspelbaar
Ek het agt honde kleintjies en grotes om my en my familie te waarsku en te beskerm in SA moet n mens maar eerder staatmaak op honde want hulp van mense wat jou moet veilig hou is besig met baie ernstiger sake en meer onvoorspelbaar as my honde

Klein Jane ·

Ai julle, n Yorkie wat iemand dood byt was wanneer laas in die nuus?

A Mac ·

Ons het self pitties. Daar is genoeg borde om oortreders te waarsku. As die tuinwerker inkom lui hy die klok en die honde word weggesluit waar hulle geen ander mense behalwe die huismense kan sien nie. As die werker loop word hulle weer uitgelaat. Muurklimmers en laatnagsluipers het al kennis gemaak met hulle. Hulle speel met familie en vriende se kinders sonder enige probleme van gehap of geknor. Iets mos gebeur het wat die honde genoop het om die werker aan te val.

Martie ·

Dis erg, ek kan nie dink hoekom die eienaar nie die honde toegemaak het as die tuinier kom nie.

Aan die ander kant net in die week hoor ons van ñ tuinier wat vir 26 jaar vir iemand gewerk het wat hom vermoor het.

Dit is rof daar buite?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.