Tanya Harford, woordvoerder van die fietsren, het gesê die oorledene se familie het versoek dat sy naam en besonderhede nie nou bekend gemaak word nie. Nagenoeg 33 000 fietsryers het aan die ren van 95km in Johannesburg deelgeneem.
“Ons wil graag ons meegevoel betuig met die familie,” het Harford gesê. Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie.
© RDM News Wire
Dis so hartseer. My innige simpatie met die familie.
Aan Maroela Media: luister gou hier: dis nou 947, nie meer 94.7 nie. Die radiostasie het in 2014 hulle naam verander.
Het dit ook gedoen en dit was warm en winderig. Onthou dat die kans om te sterf voor die TV of Yskas meer is as 1 uit 33000. Die ding gebeur maar by alle groot renne soos die Argus, Comrades en Midmar. Ek is meer bekommerd oor díe wat nie daar is nie.
My beste vriend is laasjaar ook weg aan hart tydens die Berg en Bush. Hy sou sê: Eerder gaan terwyl jy iets lekker doen!
Sterkte vir Familie.