Man sterf ná aanval in KFC

crime scene tapeʼn 28-jarige man is oor die naweek dood nadat hy in ʼn KFC-kitskosrestaurant in Johannesburg met ʼn mes gesteek is.

Ao. Xoli Mbele, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in Johannesburg se middestad plaasgevind. “Drie verdagtes wou na bewering die slagoffer buite die restaurant beroof,” het Mbele gesê. “Die slagoffer het by die restaurant ingehardloop. ʼn Verdagte het hom agternagesit en hom een keer met ʼn skerp voorwerp in sy bolyf gesteek.”

Die slagoffer is na ʼn hospitaal gehaas, maar is met sy aankoms dood verklaar.

Die polisie het Sondag ʼn 31-jarige verdagte in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die man sal na verwagting Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Die slagoffer se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.