Man sterf ná amputasie op berg

Die toneel waar die man vasgeval het. Foto: @MSARGP op Twitter.

Die toneel waar die man vasgeval het. Foto: @MSARGP op Twitter.

Die man van Noordwes wie se been geamputeer moes word nadat hy op ʼn berg in Rustenburg vasgeval het, is oorlede, het Beeld Woensdag berig.

Shadrack Rasello (26) is Sondag in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal dood, het sy oom Lawrence Rasello aan die Afrikaanse dagblad gesê. Hy het verlede week in ʼn koma verval en was op lewensondersteunende masjiene.

Volgens die oom was die familie nie bereid om die masjiene af te skakel nie, maar die hospitaal het hulle later in kennis gestel dat hy oorlede is. “Hulle het nie vir ons gesê wat gebeur het nie.”

Shadrack het verlede maand op die berg by die Rustenburgkloof-vakansieoord in die moeilikheid beland toe sy voet in ʼn rotsskeur vasgeval het. Dit het meer as 100 mense van verskillende organisasies drie dae geneem om hom te red. Sy been moes geamputeer word om hom te bevry.

Sy familie het aan Beeld gesê dat hulle nie geld het om hom te begrawe nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ekke ·

As hierdie man ‘n medies gehad het, was die dinge dalk anders..eintlik nou net gelei om testerf. Dink aan die familie!

Elizabeth ·

Ai tog… dit is eintlik so hartseer. Wat seker net ‘n pret uitstappie moes wees het so geeindig : (

Leeutjie ·

Dis rerig ‘n tragedie! ‘n Fratsongeluk wat hierdie jongman vir 3 dae laat ly het! Die ongelooflike pyn wat hy moes verduur… Ek kan net dink die hartseer wat sy naasbestaandes moet deurgaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.